FOTO: Leana Clunies-Ross
Skoonheidstories

Grimeerwenke vir ’n porselein-gelaat

’n Sonbruin gelaat is nie meer die enigste stervoorkoms vir die rooi tapyt nie. Bekendes soos Anne Hathaway, Cate Blanchett en die susters Elle en Dakota Fanning wys ons dat ’n porselein-gelaat nét so mooi kan wees.

Grimeer makliker danksy dié nuwe borsels

Cate Blanchett FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Cate Blanchett FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Anne Hathaway FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

Anne Hathaway FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

FOTO: Dakota en Elle Fanning op die voorblad van W-tydskrif

FOTO: Dakota en Elle Fanning op die voorblad van W-tydskrif

Hiér is 5 wenke om jou ligte gelaatskleur stralend en gesond te laat lyk

1. Kies ’n romerige onderlaag in ’n neutrale kleur en sonder sterk ondertone. Omdat ligte velle geneig is om makliker droog te word sal ’n getinte vogroom ook goed werk.

Wenk: Meng ’n paar druppels onderlaag met jou vogroom vir ’n tuisgemaakte getinte vogroom.

2. Gebruik eerder ’n donkerbruin oogpotlood en maskara om jou oë te laat uitstaan. Die bruin skakerings sal beter pas by jou ligte velkleur.

Elma Postma gee nou grimeerlesse

3. Vir iemand met ’n ligte vel is blosser ’n moet-hê-item om jou gesig ’n tikkie kleur te gee. Vermy blossers wat baie glinster omdat dit jou bleek kan laat lyk op foto’s.

Wenk: Om vinnig die ideale blosser-skakering vir jou gelaat te kry, gee jou wange ’n ligte knypie en let op na die die kleur wat verskyn – kies dan ’n blosser soortgelyk aan dié kleur.

4. Wanneer dit kom by lipstiffie-skakerings is die goue reël om bruin te vermy. Helder lipskakerings soos rooi, pienk en koraal lyk treffend saam met ’n porselein-gelaat.

5. As jy ’n ligte vel het, moet jy nooit die huis verlaat sonder om ’n sonskerm met ’n SBF van minstens 30 aan te wend nie!

Wenk: Om Audrey Hepburn se foutlose porselein-voorkoms te kry, wend ’n ligte gesigpoeier in ’n neutrale skakering ná jou onderlaag aan.

Rachel McAdams sonder grimering op voorblad!