Haar-dilemmas? Hier's raad vir alle haartipes
Dink klassieke Hollywood vir jou somerhare - 50's-style is weer nuut!
Ons sien dit oral: Aktrise Diane Kruger smeul met pin curls, Beyoncé het 'n byekorfhaarstyl, Nicole Richie pronk met 'n dun haarband en Dita von Teese is elegant met 50's-krulle.
"Alles oud is nou weer nuut," sê Zana Young, haarstilis en eienaar van Hairtista in Johannesburg. Rocking retro-hare, só noem sy dié tendens, en volgens haar is dit dié inspirasie vir 2010-kapsels.
Ander tendense, sê Zana, is 'n kuif wat kant toe gekam word en 'n middelpaadjie vir lang, gekartelde hare, of 'n bob met punte wat 'n bietjie meer tekstuur kry.
Grimeerkunstenaar en haarstilis Adelle Jung sê ook ou Hollywood is die moderne ding:
"Die chignon is gróót. Hierdie somer dra almal 'n bolla, maar dis sagter en losser as die ou biblioteek-bolla - én maklik!"
HANDE IN DIE HARE?
Zana het die antwoord op jou haardilemmas.
PROBLEEM: Jou hare lyk plat en leweloos
OPLOSSING
As jy jou opknapper nie goed uitspoel nie, sal jou hare plat lê. As jy fyn hare het, sorg dat jy nie opknapper teenaan die haarwortels kry nie.
Gee jou kapsel 'n hupstoot met REDKEN ROOTFUL 06 ROOT LIFTING SPRAY (R225) en SCHWARZKOPF OSIS+ GLAMOUR QUEEN VOLUMISING HAIRSPRAY (R218,88).
PROBLEEM: Jou hare kroes en krul
OPLOSSING
Vir skemerkelk-partytjies is 'n stileeryster (soos GHD s'n, R1 900) die antwoord, maar sorg dat jy die nodige beskerming gee met TRESEMMÉ PROTECT HEAT DEFENCE STYLING SPRAY (R9,99).
'n Goeie oplossing vir die strand is om jou hare permanent reguit te laat maak met BIO IONICS PERMANENT HAIR STAIGHTENING SYSTEM (R1 800 - R4 500).
Dié behandeling maak selfs die kroesste hare reguit, en die dele wat behandel is, krul nooit weer nie.
Skakel 082 452 9909 vir meer inligting.
PROBLEEM: Jou hare se natuurlike glans is daarmee heen
OPLOSSING
Vul jou dieet aan met vitamiene B, C en E en minerale soos sink. Vetsure in neute, sade en vis sal ook help om jou hare glans te gee.
'n Goeie opknapper verrig wondere, en wanneer jy klaar jou hare gestileer het, gebruik 'n produk soos GHD SHINING SERUM FOR DRY, FRIZZY HAIR (R195), wat droë hare en gebreekte punte tem en glans gee. Of probeer PHILIP KINGSLEY ELASTICIZER INTENSIVE SUPER-MOISTURIZING TREATMENT FOR ALL HAIR TYPES (R530) wat wip en veerkragtigheid terugsit.
PROBLEEM: Jou hare is droog en bros
OPLOSSING
'n Intensiewe behandeling een keer per week sal jou hare voed. As jy krulhare het, het dit meer vog nodig, terwyl reguit hare proteïene vra.
Probeer SEBASTIAN PROFESSIONAL HYDRE MOISTURIZING SHAMPOO (R215), wat droë hare vog gee, of L'ORÉAL PROFESSIONEL NATURE INTENSE NOURISHMENT FOR EXTREMELY SENSITISED HAIR (R240) - 'n haarmasker wat voed met natuurlike bestanddele.
Verwante artikels
-
Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.
-
Dilemma: Verlief op die verkeerde mans
SARIE - Junie 2010
Ek val pal vir die verkeerde man. Eers voel dit soos die groot liefde, hy bederf my en laat my goed voel, maar kort voor lank is hy erg besitlik, knou hy my af of laat hy my in die steek.
-
Meer as net grimering
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 1
Vergeet dat dit net mooi maak... deesdae voed, beskerm en vernuwe grimering boonop ook jou vel.
-
Só lyk top-modelle sonder grimering
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.
















Kommentaar
Yolandie het gesê:
wat kan 'n mens gebruik vir olierige hare
21ste Jan. 2011, 09:35Michelle Volschenk het gesê:
Wat kan ons gebruik vir olierige hare?
9de Jul. 2010, 15:54Laura Jordaan het gesê:
Ja! Hare is belangrik. Ek's 53 en sukkel nog steeds met die moeilikste sagte, blink, klein krulletjies. Ek het 'n groot voorkop en kan nie 'n kuif dra nie dit krul op. Dit vat maaande om uittegroei. Selfs gel en aanbly opknappers help nie, maak dit net stokkerig, of taai. Het al 'n fortuin spandeer, en is nou knipverskrik. Wie het raad? Gauteng.
18de Jan. 2010, 08:48Ursula het gesê:
Kan iemand dalk laat weet waar koop mens die GHD. Ek bly in die Noord Kaap.
15de Jan. 2010, 11:20Maureen Jansen van Rensburg het gesê:
Ai ek sukkel ook met hare wat nie heeltemal krul of heeltemal reguit is nie. Dis so tussen in. Maar die produkte is so duur en kan min vrouens dit werklik bekostig. Is daar nie vir ons 'arm' vrouens n bietjie goedkoper raad nie!!
7de Jan. 2010, 20:57