FOTO: Instagram (@kyliejenner)

FOTO: Instagram (@kyliejenner)

Skoonheidstories

Haartrends om na uit te sien dié lente

Die bekende haarsalon-groep Carlton Hair het onlangs ’n voorskou van die grootste haartrends vir die komende lente en somer maande gegee. SARIE se skoonheidsassistent, Monica Pienaar, het gaan uitvind watter haarstyle en -kleure vroue en mans dié warmseisoen kan probeer.

Keira Knightley verklap haar pienkvoet se naam

Romanties en boheems

’n Natuurlike en deurmekaar voorkoms vir hare is die afgelope paar jaar baie gewild en dié lente is geen uitsondering nie. “Hou hare lank en speel met sagte golwe en vlegsels wat los getrek is en effens deurmekaar lyk,” sê David Gillson, direkteur en meester stileerder by Carlton Hair Constantia, Hyde Park en Melrose Arch.

Ster-inspirasie: Florence Welch van die musiekgroep Florence and the Machine

Suikersoet pastelle

Helder pastelskakerings vir jou hare lyk dié seisoen meer uitgewas en subtiel. En danksy verskeie nuwe haarkleurprodukte en tegnieke is dit nou makliker as ooit om die sogenaamde ‘spookasem’-voorkoms uit te probeer. “Jaar na jaar begin mans en vrouens al hoe meer die reëls breek ten opsigte van die haarkleure en –style wat by jou ouderdom of voorkoms sal pas, soos ouer vroue wat met pastelskakerings eksperimenteer,” sê David. Probeer pastelskakerings soos ligte pienk en groen en pers-grys.

Ster-inspirasie: Kylie Jenner

Verkeerslawaai en jou gewig – lees meer!

Subtiele elegansie

Danksy modehuise soos Chanel en Valentino is opgepofte Franse rolle en bollas, en hare met groot bykomstighede gewild vir die komende lente. Die geheim is om jou op gestileerde hare glansryk, tog subtiel te hou met ’n vroulike haarbykomstigheid. Volgens David het dié tendens ’n formele en byna konserwatiewe gevoel in teenreaksie op sterre soos Kim Kardashian en Beyoncé se gewaagde modekeuses vroeër vanjaar.

Ster-inspirasie: Taylor Swift

Vir mans

Vir mans is hare wat langer gegroei word en goed versorg word tans ’n gewilde tendens. Baarde neem ook ’n tree terug tydens die warmer maande met mans wat nou eerder ’n skoon geskeerde gesig verkies vir ’n meer jeugdige voorkoms.

Ster-inspirasie: Zac Efron

Raad vir koue hande