FOTO: Instagram  @laurenconrad

FOTO: Instagram @laurenconrad

Skoonheidstories

Haarwenke: Laat só jou hare natuurlik droog word

Die meeste van ons weet dat te veel hittestilering ons hare baie skade kan aandoen. Daarom is dit ’n goeie idee om elke nou en dan jou hare natuurlik te laat droog word pleks daarvan om dit droog te blaas. Die SARIE-skoonheidspan het dié sewe wenke gaan opspoor waarmee jy jou kroon ’n dag van hittestilering kan spaar en steeds die koppe met jou haarstyl laat draai.

Angelina Jolie geniet menopouse – lees meer!

1. Gebruik ’n wyetand-kam om jou hare mee uit te kam net nadat jy dit gewas het en dit nog nat is. So is die kans dat jou hare kroeserig kan lyk minder omdat die kam dan nie jou hare se natuurlike golwe sal opbreek nie.

2. Nadat jy jou hare met ’n handdoek droër gedruk het, wend ’n stileringsproduk soos ’n soutsproei aan wat jou hare tekstuur en ’n bietjie volume sal gee, of ’n produk wat jou hare bevog, soos ’n droë haarolie of aanbly-opknapper.

3. Wend ’n stileringsproduk wat volume en tekstuur gee hoofsaaklik aan jou haarwortels aan en druk (scrunch) dan met jou vingers jou hare opwaarts. Wend ’n aanbly-opknapper of haarolie hoofsaaklik aan jou haarpunte, waar jou hare die droogste is, aan.

FOTO: Chris Hemsworth se dramatiese gewigsverlies

4. As jy natuurlik krullerige hare het kan jy eerder ’n ou T-hemp pleks van ’n handdoek gebruik om jou hare mee droog te druk. Die klein vesels van ’n handdoek is geneig om soms jou hare meer kroeserig te laat lyk, terwyl die sagte katoenvesels van ’n T-hemp help om jou natuurlike krulle glad en meer gedefinieerd te hou.

5. Soos wat jou hare droog word, gooi elke nou en dan jou kop vir ’n paar sekondes onderstebo en krap jou hare effens deurmekaar. Dit gee jou haarwortels oemf sodat dit nie plat op jou kop lê nie.

6. As jou hare geneig is om pofferig te lyk as dit natuurlik droog word kan jy, terwyl dit nog klammerig is, jou hare vir sowat 10 tot 20 minute in ’n los bolla draai.

7. Wend ’n droë haarolie aan jou haarpunte sodra dit droog is om jou haarstyl af te rond en fyn haartjies wat regop staan te tem.

Blake Livley se geheim vir moeitelose golwe? Laat jou hare natuurlik droog word! FOTO: Instagram (@blakelively)

Blake Livley se geheim vir moeitelose golwe? Laat jou hare natuurlik droog word! FOTO: Instagram (@blakelively)

Het jy geweet?

Die aktrise Blake Lively het al vertel dat sy gereeld haar veerkragtige krulle natuurlik laat droog word. Sy wend klapperolie aan haar haarpunte voordat sy dit was. Dan maak sy haar klam hare in ’n bolla vas en laat dit droog word. Die bietjie olie wat ná die was op haar haarpunte agterbly, sorg vir mooi golwe sonder dat sy dit met hitte hoef te stileer.

Neutrale en gemaklik voorkomste wen op AMA-tapyt

Bronne: www.thebeautydepartment.com, www.cosmopolitan.com.au