Son-vriendelik en slim
Die weelde van somerson verdryf die winterkoue finaal, gee nuwe energie en maak jou lus vir die lewe. Maar jy moet jou sonstorie ken om die nadele te vermy. Debbie D'Aquino, adjunk-president van produkontwikkeling by Clinique, gee die feite.
Dis belangrik om jouself teen UVA én UVB-strale te beskerm. UVB-strale het 'n kort golflengte teen 'n hoë energie, wat veroorsaak dat jy brand. UVA-strale het 'n langer golflengte teen 'n laer energie. Dit dring dieper in jou vel in en kan selfs jou DNS beskadig. En dit stuit nie vir jou motorvenster of selfs jou klere nie - daarom is jy byna altyd blootgestel aan hierdie skade. Aanhoudende blootstelling aan UVA-strale laat jou kollageen krimp en dit lei tot plooie en veroudering.
Volgens Debbie word jou neus, ore en lippe die meeste blootgestel en dis daarom die vatbaarste vir sonskade. Sy beveel aan dat jy 'n sonblok soos Clinique Super City Block SPF 40 (R210) oral saam met jou dra en deur die dag gebruik vir ekstra beskerming.
"Aparte sonbrandroom vir jou gesig en lyf is 'n goeie idee. Jou gesig het meer oliekliere as die res van jou lyf en daarom kan 'n sonbrandroom wat bedoel is vir jou lyf tot verstopte porieë of 'n uitslag lei as jy dit op jou gesig gebruik.
"Vandag se sonbrandrome word spesiaal vir jou gesig geformuleer en doen heelwat meer as net sonbeskerming: Dit bevat vitamiene, wat veroudering help keer en vry radikale beveg," sê sy.
![]() |
WERK SÓ SÁÁM MET DIE SON*Sorg dat jou dagroom minstens 'n SPF van 15 bevat, soos Almay Kinetin 3 Age Decelerating Daily cream SPF 15 (R320). *Beveg sonskade en veroudering tegelykertyd met Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defence for face SPF 50 (R165). *Indien jou vel maklik geïrriteerd raak - ook weens die son - is Vichy Capital Soleil 50+ Spf anti-Reaction Sunscreen Milk (R169) vir jou. *As jy reeds gebrand het, sal Clinique After Sun Rescue Balm with Aloe (R240) jou vel kalmeer en help om blywende skade te keer. Al Clinique se sonbrandrome beskerm jou vel teen UVA- én UVB-strale. |
|
|
SonblootstellingDIE FEITE * Selfs binne die eerste minuut van sonblootstelling kan skade aangerig word. * Sonbrand word deur UVB-strale veroorsaak en kan in die somer binne 20 minute plaasvind. * 'n Sonbruinvel is eintlik 'n teken van sonskade. UVA-strale se langtermynuitwerking is skadeliker as UVB-strale. Hoewel UVB-strale nie so sterk is in die wintermaande nie, is UVA-strale heeljaar ewe sterk. |
Skep jou eie son
Kry 'n warm, gesonde gloed op jou gesig en lyf met die regte produkte - sonder die skade!
* Gee jou bene, sleutelbene en wangbene warmte met Bobbi Brown All Over Bronzing Gel SPF 15 (R300 - eksklusief by Edgars) of tik M.A.C Mineralize Skinfinish in Perfect Topping (R260) aan jou wange.
* Gebruik 'n selfverbruiner wat maklik aanwend, soos Estée Lauder Bronze Goddess Self-tan Golden Perfection Self-tanning spray for body (R355), of kies die perfekte skakering sonbruin vir jou lyf met Piz Buin Self Tanning Lotion Colour Dial (R200).
* Sorg dat jou sonbruin langer hou met Dior Bronze Protection Solaire Tan Enhancer Medium Protection SPF 10 (R415 - eksklusief by Edgars).
80% van ons vel se veroudering vind plaas as gevolg van die son
- dr. David Orentreich, Clinique-dermatoloog
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| Almay Kinetin 3 Age Cream SPF 15 (R320) |
Elizabeth Arden |
Vichy |
Clinique |
M.A.C |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Bobbi Brown |
Estée Lauder |
Piz Buin |
Dior |
Koelkop |
- Assistent Elizmari Theron
- Foto van verskaf
Verwante artikels
-
Gratis bylae: Mode en skoonheid se seisoentreffers
SARIE Oktober 2011
Kry jou gratis mode- en skoonheidsbylae saam met jou Oktober-uitgawe van SARIE. Ons verklap al die moet-hê's vir somer!
-
Kersfees sonder migraine en hoofpyn
SARIE - Desember 2009
Hier is 'n paar wenke vir die feestyd as jy geneig is tot migraine en hoofpyne.
-
Oorleef die feestyd: wees veilig in die son
SARIE - Desember 2009
Dis tyd vir son en saffier, ontspan, eet en geniet! Hoe keer jy die olikheid ná die vrolikheid?
-
Pasta met sonstraalsous
SARIE KOS Herfs 2009
-
Son sonder skade
SARIE - Oktober 2009
Nie net kan jy deesdae die son (altyd matig!) geniet sonder om te brand nie – nou kan jy ook kies watter skakering van bruin jy wil wees – sonloos!
-
Songedroogde tamatie-patee
SARIE KOS - Lente 2008
-
Sonskerm in 'n armband
SARIE - Oktober 2009
Hoe heerlik om die son se strale warm op jou vel te voel. Geniet dié somer die son se warmte sónder die skade.









































Kommentaar