ss0910son_4_rz
Skoonheidstories

Son-vriendelik en slim

Dis belangrik om jouself teen UVA én UVB-strale te beskerm. UVB-strale het ‘n kort golflengte teen ‘n hoë energie, wat veroorsaak dat jy brand. UVA-strale het ‘n langer golflengte teen ‘n laer energie. Dit dring dieper in jou vel in en kan selfs jou DNS beskadig. En dit stuit nie vir jou motorvenster of selfs jou klere nie – daarom is jy byna altyd blootgestel aan hierdie skade. Aanhoudende blootstelling aan UVA-strale laat jou kollageen krimp en dit lei tot plooie en veroudering.

Volgens Debbie word jou neus, ore en lippe die meeste blootgestel en dis daarom die vatbaarste vir sonskade. Sy beveel aan dat jy ‘n sonblok soos Clinique Super City Block SPF 40 (R210) oral saam met jou dra en deur die dag gebruik vir ekstra beskerming.

Aparte sonbrandroom vir jou gesig en lyf is ‘n goeie idee. Jou gesig het meer oliekliere as die res van jou lyf en daarom kan ‘n sonbrandroom wat bedoel is vir jou lyf tot verstopte porieë of ‘n uitslag lei as jy dit op jou gesig gebruik.

“Vandag se sonbrandrome word spesiaal vir jou gesig geformuleer en doen heelwat meer as net sonbeskerming: Dit bevat vitamiene, wat veroudering help keer en vry radikale beveg,” sê sy.

Bobbi Brown se Illuminating Bronze-reeks

WERK SÓ SÁÁM MET DIE SON

 
*Sorg dat jou dagroom minstens ‘n SPF van 15 bevat, soos Almay Kinetin 3 Age Decelerating Daily cream SPF 15 (R320).

*Beveg sonskade en veroudering tegelykertyd met Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defence for face SPF 50 (R165).

*Indien jou vel maklik geïrriteerd raak – ook weens die son – is Vichy Capital Soleil 50+ Spf anti-Reaction Sunscreen Milk (R169) vir jou.

*As jy reeds gebrand het, sal Clinique After Sun Rescue Balm with Aloe (R240) jou vel kalmeer en help om blywende skade te keer. Al Clinique se sonbrandrome beskerm jou vel teen UVA- én UVB-strale.

Piz Buin sunband spf20
Dra Piz Buin se armband met sonbrandroom binne-in (Piz Buin Sunband SPF 20, R56) – gerieflik byderhand wanneer jy dit nodig het

 

Sonblootstelling

DIE FEITE

* Selfs binne die eerste minuut van sonblootstelling kan skade aangerig word.

* Sonbrand word deur UVB-strale veroorsaak en kan in die somer binne 20 minute plaasvind.

* ‘n Sonbruinvel is eintlik ‘n teken van sonskade. UVA-strale se langtermynuitwerking is skadeliker as UVB-strale. Hoewel UVB-strale nie so sterk is in die wintermaande nie, is UVA-strale heeljaar ewe sterk.

 



Skep jou eie son

Kry ‘n warm, gesonde gloed op jou gesig en lyf met die regte produkte – sonder die skade! 

* Gee jou bene, sleutelbene en wangbene warmte met Bobbi Brown All Over Bronzing Gel SPF 15 (R300 – eksklusief by Edgars) of tik M.A.C Mineralize Skinfinish in Perfect Topping (R260) aan jou wange.

* Gebruik ‘n selfverbruiner wat maklik aanwend, soos Estée Lauder Bronze Goddess Self-tan Golden Perfection Self-tanning spray for body (R355), of kies die perfekte skakering sonbruin vir jou lyf met Piz Buin Self Tanning Lotion Colour Dial (R200).

* Sorg dat jou sonbruin langer hou met Dior Bronze Protection Solaire Tan Enhancer Medium Protection SPF 10 (R415 – eksklusief by Edgars).

80% van ons vel se veroudering vind plaas as gevolg van die son

- dr. David Orentreich, Clinique-dermatoloog

 

Almay kinetin 3 age cream spf15 Elizabeth Arden eight hout cream sun defence spf50 Vichy capital soleil 50+spf anti-reaction sunscreen Clinique sun rescue balm with aloe mac mineralize skinfinish in perfect topping
Almay Kinetin
3 Age Cream SPF 15 (R320)
 

Elizabeth Arden
Eight Hour Cream
Sun Defence for Face
SPF 50
(R165)

Vichy
Capital Soleil 50+ SPF Anti-Reaction Sunscreen Milk (R169)

 

Clinique
After Sun Rescue Balm with Aloe (R240)

M.A.C
Mineralize Skinfinish in perfect topping (R260)

Bobbi Brown all over bronzing gel spf15 Estee Lauder bronze goddes self-tan Piz Buin self tanning lotion Dior bronze protection solaire tan enhancer spf10 Guerlain waterproof mascara in bleu

Bobbi Brown
All Over Bronzing Gel SPF 15
(R300)

Estée Lauder
Bronze Goddess Self-tan
(R355)

 

Piz Buin
Self Tanning Lotion (R200)

Dior
Bronze Protection Solaire Tan Enhancer SPF 10 (R415)

 

Koelkop
Bly hierdie somer koel
met ysblou waterbestande
mascara soos Le 2 de Guerlain Waterproof Mascara in Bleu
(R445)
, en omlyn jou oë met ‘n ysblou oogpotlood.

  • http://jhlfypbtbaty.com/ vkmnbmyi

    kgskMl ghmmvpygozpw, [url=http://tafiwtvnearf.com/]tafiwtvnearf[/url], [link=http://tmeodlkqxojy.com/]tmeodlkqxojy[/link], http://zlcxaxhzsjwh.com/

  • http://sxdmbnxvynwx.com/ nfsziam

    XqHcwQ cgypqrcqbslr, [url=http://cbjtzkvcpwdm.com/]cbjtzkvcpwdm[/url], [link=http://dxpbazvhwnio.com/]dxpbazvhwnio[/link], http://gjrlstvelufh.com/

  • http://qggepjayykwj.com/ psepkjiui

    nTxkrv uonfzfooktpi, [url=http://eptybbgcxdkx.com/]eptybbgcxdkx[/url], [link=http://phxjjhdttgfu.com/]phxjjhdttgfu[/link], http://luplzxjsmpux.com/