Hoe kom ek uit my grimeer-groef?
Foto’s: M.A.C. Galery
'n Studie het bevind dat die meeste vroue graag meer waaghalsig met hul voorkoms wil wees. Lewensafrigter Kate Emmerson van Kaapstad vertel hoe.
Toe vroue in 'n oorsese fokusgroep gevra is om 'n alter ego te kies, was die burleske danseres Dita von Teese hul eerste keuse. Die studie (deur die oorsese grimeerhuis Illamasqua) het ook gevind die meeste vroue wil graag meer waaghalsig met hul voorkoms wees.
Lewensafrigter Kate Emmerson van Kaapstad vertel hoe:
Dink jy dis nodig dat vroue hul voorkoms verander omdat hulle sekere dele van hul persoonlikheid onderdruk?
Ek dink 'n vrou wil graag soms 'n ander deel van haarself na vore bring. Om jou voorkoms te vernuwe is bevrydend, maar die begeerte moet van binne kom om seker te maak jy gaan dit met selfvertroue kan dra.
Ek dink ons skep dikwels ons eie groef omdat ons bang is vir wat ander sal sê. Dit gaan oor positiwiteit en om bereid te wees om jouself en ander te verras.
Hoe kan jou grimering help dat ander mense die ware jy raaksien?
- Ons word 5 sekondes gegee om daardie eerste indruk te maak, so dit moet die regte een wees.
- Wanneer jou voorkoms strook met jou waardes en ware self, kan niks jou keer nie.
- Al klink dit oppervlakkig, is dit nodig om die sirkel te voltooi: Elke faset van jou dra iets oor wat uiteindelik deel uitmaak van wie jy is.
- Dis hoekom jou persoonlike handelsmerk so belangrik is - dat jy seker maak jy deel die "regte jy" met ander mense.
Watter voordele het eksperimenteer met 'n nuwe voorkoms - veral iets anders as wat mense gewoonlik van jou sien?
Hoewel dit belangrik is om binne sekere grense te eksperimenteer, veral in die korporatiewe wêreld, wil jy ook jou individualiteit en spontaneïteit uitdruk. Kostuumpartytjies kan 'n goeie manier wees om uit jou gemaksone te breek, of probeer een keer per week 'n nuwe voorkoms sodat jyself en ander daaraan gewoond kan raak. Ek dink ons skep dikwels ons eie groef omdat ons bang is vir wat ander sal sê. Dit gaan oor positiwiteit en om bereid te wees om jouself en ander te verras.
Verwante artikels
-
"Dít kry my deur die dag" - skoonheidkenners verklap hul kan-nie-daarsonder-nie-produkte
SARIE Maart 2010
Skoonheidkenners vertel van hul één noodsaaklike produk. Niks kan jou onderkry met skoonheidsprodukte wat nuwe woema gee nie.
-
5 grimeerwenke om te onthou
SARIE - Augustus 2009
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
-
In my grimeersakkie - kenner verklap haar geheime
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 2
Sy het die towerkwas met geoefende hand geswaai om Rolanda Marais op die voorblad van vandeesmaand se SARIE mooier as ooit te laat lyk. In die nuutste uitgawe van SARIE verklap Lesley Whitby en twee van SA se ander top-grimeerkunstenaars 'n paar van hul skoonheidsgeheime.
-
Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
SARIE - Desember 2009
"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
-
Skep só rokerige oë
SARIE - Desember 2008
En lyk soos 'n SARIE voorbladgesig
















Kommentaar
marie van der merwe het gesê:
wat se produk kan ek aankoop vir gekobineerde baie sensetiewe vel ek het n ivory lige kompleks met darkblonde hare marie van der merwe
7de Apr. 2012, 21:40