okt08toormyhooffoto
Skoonheidstories

Hoe natuurliker, hoe beter

NEW VIEW MINERALIZE SKINFINISH is aan die eenkant ’n glimmende poeier en aan die ander kant gee dit ’n mat afwerking. Én die NEW VIEW 189 FACE BRUSH se sagte sintetiese hare is ideaal vir sensitiewe velle.

Bederf jouself dié seisoen met Bobbi Brown NUDE LIP & EYE PALETTE.

Die stel bestaan uit 4 lipkleure en 4 oogskadu’s. Grimeerkunstenaar Bobbi Brown het haar inspirasie vir die reeks gekry uit die natuurlike kleure wat sy op vroue se gesigte sien: “Vleeskleurige grimering is slim, want dis maklik om aan te wend en helder die natuurlike kleure van jou vel op. Dis perfek vir ’n natuurlike, sexy voorkoms.”

Grimering wat 16 uur hou!

Beklemtoon jou beste gelaatstrekke met die kleure van Revlon COLORSTAY MINERAL EYE SHADOW.

Dit sal selfs nie die sensitiefste oë irriteer nie.

 

Eksperimenteer met verskillende kleure. 

Die 4 blossers van Guerlain BLUSH 4 ECLATS IN NUIT D’ÉTÉ is verryk met silikoon vir maklike aanwending.

 

Ook vir ouer vel


Plant-ekstrakte in Clarins SUPER RESTORATIVE TINTED CREAM beskerm jou vel teen vry radikale en help ’n ouer vel om plooie minder opvallend te maak.

 

Kry 3 kleure in 1 met Dior IMPRESSION CUIR LEATHER COUTURE FOR THE EYES.

Dié pêrelpoeieroogskadu’s is in ’n modieuse krokodilpatroonverpakking en gee ’n nuwerwetse voorkoms.