Skoonheidstories

Jy is mooier as wat jy dink

Dove het onlangs ‘n eksperiment uitgevoer: Hulle het vir gewone vroue gevra om hulself aan ‘n forensiese kunstenaar te beskryf. Soos wat hulle hulself beskryf het, het hy geskets.

Dove Real Beauty Sketches film

Vreemdelinge is daarna gevra om dié vroue aan die kunstenaar te beskryf. Hierna is die twee sketse langs mekaar gesit, en die vroue moes daarna kyk. Byna ál die vroue se portrette wat hulle self beskryf het, het ‘n leliker gesig gewys as wat die vreemdeling se beskrywing opgelewer het.

Die eienskappe wat hulle in hul eie skets oordryf het, daardie eienskappe wat hul pla van hulself, het in die meeste gevalle nie eers in die vreemdeling se beskrywing voorgekom nie.

Jy is mooier as wat jy dink.

Dove Real Beauty Sketches film

Een van die vroue wat aan dié eksperiment deelgeneem het, Kela Cabrales, is ‘n laerskool-onderwyser en ma van twee. Sy het oor haar ervaring gesê:

Ek het altyd geglo dat wat jy doen, is meer belangrik as hoe jy lyk. Om mooi aan die binnekant te wees, is die sleutel tot geluk. Daarom was dit verrassend én teleurstellend om te sien hoe my onsekerhede in my beskrywing voorgekom het. Dit laat my wonder of ek nie dalk onbewustelik my lae selfvertroue aan my dogter oordra nie.

Hier’s die sketse

Vir nóg, loer hier www.dove.com/realbeautysketches