Skoonheidstories

Hoop teen selluliet

Dis vir die meeste vroue ’n gevreesde woord, maar selluliet is niks nuuts nie.

In antieke tye was dit ’n simbool van rykdom (’n teken dat jy genoeg geld het om  jou aan ryk kosse oor te gee!), hoë status (jy kon die harde, fisieke werk vir jou bediendes los) en aantreklikheid (soos gesien in die vol, wulpse tekeninge deur die Vlaamse Barok-kunstenaar Rubens in die 17de eeu). Maar vandag is selluliet minder aanloklik en word dit in dieselfde asem as swak eetgewoontes en ’n onaktiewe leefwyse genoem. Om daarvan ontslae te raak is egter nie so eenvoudig nie. Dit vra ’n gesonde dieet en genoeg oefening. En gelukkig is daar ook produkte op die mark wat help om die voorkoms van selluliet te verbeter.

Waar kom dit vandaan?

“Selluliet is die oneweredige veltekstuur wat vorm as gevolg van estrogeen,” sê Danné Montague-King,n Amerikaanse velsorgkenner. “Estrogeen breek kollageen af, en wanneer kollageen verswak, raak vet-hobbels op die veloppervlak sigbaar. (Dis ook weens dié hormoon, waarvan mans minder het, dat hulle nie soveel met selluliet sukkel nie.) Verswakte kollageenweefsel is daarom een van die hoofoorsake van selluliet,”sê hy. Nog belangrike faktore wat hy uitlig, is die vorming van groter vetselle en swak sirkulasie. “Wees ook op die uitkyk vir hormoonwanbalanse (oortollige estrogeen), gifstowwe wat opbou weens ’n swak dieet, oortollige gewig, te min oefening, gebrekkige limfdreinering en waterretensie.”

Ken die soort

Voor jy die regte behandeling kan kies, moet jy eers vasstel watter soort selluliet jy het.

Die knyptoets: Gebruik jou wysvinger en duim en knyp die vel op jou buitenste bo-been, boud en maag en kyk of jou vel dimpels maak.

’n Skaal is selfs ontwikkel:
Die Nurnberger-Muller-skaal klassifiseer selluliet in 4 fases:

Fase 0: Geen sigbare dimpels terwyl jy staan of sit nie. Die knyptoets wys voue, maar nie ’n sponsagtige, matrasvoorkoms nie.
Fase 1: Geen dimpels wanneer jy staan of sit nie, maar die knyptoets wys ’n matras-voorkoms.
Fase 2: Dimpels wanneer jy staan, maar nie wanneer jy lê nie.
Fase 3: Dimpels wanneer jy staan en lê. (Bron: www.celluliteexpert.com)

Byna sigbare selluliet (Fase 0 en 1) word toegeskryf aan die opbou van vloeistof en swak limfdreinering.
Matige selluliet (Fase 2). Hierdie algemene voorkoms van selluliet vorm wanneer die dermis verswak weens gebrekkige bloedsomloop.
Hardnekkige selluliet. Hierdie vorm van selluliet is sigbaar weens die verswakte bindweefsel  se tekstuur.

Nuwe behandelings vir selluliet
■ Endermologie
Jou bloedsirkulasie word gestimuleer deur ’n masjien wat die vel met rollers masseer. Een sessie kos R250, maar ’n paar sessies word aanbeveel. (Besoek www.endermologie.co.za of skakel 021 683 8505.)
Bellabaci
Dié behandeling is op ’n antieke terapie gegrond. ’n Klein toestel word gebruik om ’n vakuum-massering te gee wat sirkulasie verbeter en van gifstowwe en inflammasie ontslae raak. Ongeveer R400 per behandeling.  (Skakel Keren by 083 459 9357.)

Wat is my wapens?
Noudat jy weet wat die oorsaak van jou selluliet is, kan jy met mening begin terugveg. Wees op die uitkyk vir rome en bestanddele wat geformuleer is vir jou bepaalde fase van selluliet.

Wilde kastaiing
Die primêre aktiewe bestanddeel in wilde kastaiing (horse chestnut) is eskin, wat bloedsirkulasie verbeter en waterretensie verminder.
Chanel Body Excellence Slim Slimming Anti-Cellulite Gel (R1 300) kombineer hierdie bestanddeel met die boldo-plant, wat die aantal
en volume van vetselle verminder en die afbreek van vette reguleer.
Lotus-blom
Die lotus is ’n simbool van skoonheid, vroulikheid en perfeksie. Dié ekstrak help die vel om sy fermheid te behou.
Gatineau Vital Feeling Body Sculpt Perfect (R450) benut hierdie bestanddeel om jou vel op te knap en
jou spiere te stimuleer.
Wittee
Blare word met die hand geoes en breek vetselle af en voorkom die vorming van vetselle.
■ Nivea My Silhouette! (R119,99) kombineer hierdie kragtige bestanddeel met anys-ekstrak, wat kollageenproduksie verhoog om die vel se struktuur te verbeter.
Swartpeper
Gebruik swartpeper om jou sisteem te stimuleer om gifstowwe te verwyder.
Decléor Aromessence Contour Slimming Body Concentrate (R640) bevat hiermee saam pomelo en
basiliekruid wat jou veltekstuur verfyn.
Viniferine
Hierdie bestanddeel word verkry uit druiwe wat geoes word in die Bordeaux-streek en help met die
verwydering van opgebergde vette.
Viniferine in Dior Svelte Reversal (R825) help dat die volume van vetselle verklein. 
Mariene ekstrak
In mariene ekstrakte is gesulfeerde polisakkariede, wat aan vetsure kan bind en só vette verwyder.
Ekstrakte in La Mer The Body Serum (R1 550) verbeter jou vel se helderheid en voorkom dat vel verkleur.  Alge help dat vog met jou vel verbind vir langdurige hidrasie. (Hierdie produk fokus nie spesifiek op selluliet nie.)
Kassia
’n Chinese neut wat die funksionering van die limfstelstel stimuleer en veranderinge in jou metabolisme beheer. (Jou metabolisme is verantwoordelik vir die versameling van vetselle.) Kassia voorkom ook dat bindweefsel afgebreek word.
■ Aangesien swak sirkulasie ’n verlaging in liggaamstemperatuur tot gevolg het, sit Danné Montague-King
Body Sculpting (R800) deur middel van bestanddele soos kassia ’n proses genaamd termogenese aan die gang. Dit skep hitte op die vel wat sirkulasie bevorder en gifstowwe verwyder.
Seanimin
’n Bestanddeel wat die balans van elektrolise in die liggaam balanseer.
Comfort Zone Body Strategist Refine Cellulite (R930) help jou liggaam om van oortollige water ontslae te raak met behulp van seanimin.

Chanel Body Excellence Slim Slimming Anti-Cellulite Gel (R1 300)

Gatineau Vital
Feeling Body Sculpt Perfect (R450)

Nivea My   Silhouette!(R119,99)

Decléor Aromessence Contour Slimming body Concentrate (R640)

Dior Svelte Reversal (R825)

La Mer The Body Serum(R1  550)

Danné Montague-King Body Sculpting (R800)

Comfort Zone Body Strategist Refine Cellulite R930)