FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Skoonheidstories

Hou jou slimfoon jou jonk en maer?

Daar is ’n eenvoudige oplossing vir jonger lyk en maerder wees … 

Genoeg slaap. Maar met die koms van selfone en tablette kry te veel van ons nie die nagrus wat ons lyf verdien nie, deels omdat ons tot laat in die nag op Facebook en Twitter doenig is, maar ook omdat die koue, oftewel blou lig, wat hierdie toestelle uitstraal, ons wakker hou.

Maar selfoonvervaardigers het met ’n plan vorendag gekom as teenvoeter vir dié probleem. Lees verder en vind uit!

Dié blogger skeer haar gesig vir ’n mooier vel – sal jy ook?

Volgens studies deur Royal Phillips wat elektroniese toestelle vervaardig, herinner ’n koel lig met blou ondertone, soos dié van jou slimfoon, tablet of rekenaarskerm, aan die natuurlike skerp blou lig van ’n sonsopkoms. Die oggendlig stimuleer jou brein om vinniger wakker en helderdenkend te word. Die warmer lig van ’n sonsondergang, met ondertone van rooi, oranje en geel, help weer jou brein om rustig en ontspanne te raak sodat jy saans vinniger kan afskakel, verduidelik die maatskappy in ’n persverklaring.

Hoe nou gemaak?

Die ideaal is natuurlik om jou selfoon twee uur voor slaaptyd weg te bêre sodat jou brein stadigaan kan afskakel. Maar as jy nie kans sien hiervoor nie, is daar ’n ander oplossing…

 

Die Apple-slimfoon het nou ’n verstelling wat jou in staat stel om te kies wanneer jou selfoonskerm se lig “warmer” of “kouer” moet skyn. Die Night Shift-funksie gebruik jou Apple-slimfoon se horlosie en ligging om te bepaal hoe laat die son in jou gebied opkom en weer ondergaan. Sodra dit skemer word, verander die slimfoon outomaties die skerm om ’n warmer lig te skyn, waarna dit met dagbreek weer terug na die oorspronklike koeler lig verander. Vir Android-slimfone is ’n soortgelyke app genaamd Twilight beskikbaar om gratis af te laai.

Play hard-to-get with your inbox tonight: Ignore it entirely. #SleepRevolution

A photo posted by Arianna Huffington (@ariannahuff) on

 

Freddie Mercury se stem toe inderdaad ’n wonder – lees meer!

Hoekom die obsessie met slaap?

Omdat mense wat nie genoeg slaap nie geneig is om meer oorgewig te wees as dié wat wel betyds onder die komberse inkruip, skryf Arianna Huffington, medeskepper van die aanlyn nuusversamelaar Huffington Post, in haar nuwe boek, The Sleep Revolution: Transforming Your Life, One Night At A Time. Tot 73% van mense wat minder as vier uur ’n nag slaap is geneig om oorgewig te wees, is van die interessante navorsing wat sy deel. Met minder slaap is fyn lyntjies en plooie ook meer sigbaar en jou vel geneig om rooier te wees, met ’n veluitslag. Die skrikwekkendste statistiek is egter die bevinding dat iemand wat 24 uur laas geslaap het se kognitiewe vermoë op dieselfde vlak is as iemand wat ver bo die alkohol-limiet is. Harde woorde vir die naguile onder ons.

 

Sukkel jy om te slaap? Probeer ’n satyn-kussingsloop…