Skoonheidstories

Hulp met frizzy hare

Tydens die droë wintermaande is ons hare geneig om meer kroeserig (frizzy) te wees. Dis nou boonop ’n reënerige week en baie van ons se grootste vrees is dat ons hare sal kroes sodra ons die huis verlaat. Volg ons raad – takel hare met erge krullerigheid en maak elke dag ’n goeie haardag.

Before After! #FighttheFrizz all summer using Sleek & Shine

A photo posted by GarnierUSA (@garnierusa) on

 

Die oorsaak

Dis hoofsaaklik mense met ’n krullerige haartekstuur wat sukkel om kroeserigheid (frizz) in toom te hou. Omdat die haartipe droër en growwer is as reguit hare, is dit gewoonlik ook geneig om vaal en glansloos te lyk, sê Pascale Guyonnet-Debersac, internasionale wetenskap-kommunikasiebestuurder van L’Oréal Paris se haarprodukte. Dikwels het krullerige hare ’n gebrek aan die natuurlike lipiedlaag wat elke haar bedek. Dié laag seël die kutikels sodat water nie die hare binnedring en die binneste struktuur “ontwrig” nie. As die lipiedlaag nie in plek is nie, veroorsaak stortwater, reën of vog in die lug dat jou hare kroes.

Die oplossing

Sodra jy die lipiedlaag herstel, is jou hare meer hanteerbaar, sê Pascale. Haarprodukte wat olie bevat of dié wat ontwikkel is om kroeserigheid teen te werk, help dat vogtigheid in die lug nie jou hare binnedring nie. Dit kan ook help om jou kutikels te seël sodat jou hare gladder lyk. Gladder hare blink meer omdat dit lig reflekteer. Gebruik ook ’n stileringsproduk wat jou krulle mooi definieer wanneer jy dit nie uitblaas of glad stryk nie.

Wenk: Jou hare word staties wanneer baie droë hare en vesels teen mekaar vryf. As jy ’n mussie of ’n hoed gaan dra, gebruik vooraf ’n inbly-opknapper of ’n droë olie om hare ekstra vogtig te hou. Jy kan ook droë sjampoe liggies oor al jou hare of binne-in jou hoed of mussie spuit om statiese hare te tem.

Probeer dié produkte:

L’Oréal Paris Elvive Extraordinary Oil Nourishing Shampoo en Conditioner (R70 vir 400 ml elk)

Garnier Ultimate Blends The Sleek Restorer Conditioner (R40 vir 250 ml)

Kérastase Discipline Curl Idéal-reeks (pryse vanaf R300). By uitsoeksalonne

Hask Essentials Controlled Curls Hair Defining Spray (R150). By Clicks

Kardashian Beauty Twirl Me Curl-Defining Cream-Gel (R395)

Besoek www.glamit.co.za

Moroccanoil Smoothing Mask (R570). By uitsoeksalonne

The secret for #beautifulhair? Our Extraordinary Oil range #hairobsession #elseve #elvive #elvital #extraordinaryoil #haircare #instahair   A photo posted by L’Oréal Paris Hair Official (@lorealhair) on

Lees nou

Kies só ’n haarstyl vir jou uitrusting

Cara Delevingne spog nou óók met ’n lob