FOTO: Beauty At Home

FOTO: Beauty At Home

Skoonheidstories

Inspirasie-vrou: Aerin Lauder

Sy’t die kuns van living beautifully vervolmaak. Moeitelose styl haar stempel gemaak. Maar meer as ooit is dit nou Aerin Lauder se tyd. Michélle van Breda het in New York met haar gesels.

Dink jy aan Aerin Lauder se wêreld, is dit in skakerings van ryk room en goud. En blou en wit, wat sy glo deel is van haar DNS. En blomme, báie blomme.

Oor die jare het ek Aerin in haar rol as kreatiewe direkteur van die skoonheidshuis Estée Lauder ’n paar keer ontmoet, en waar dit ook al was – destyds by haar naweekhuis in die Hamptons, Long Island (eens haar ouma Estée se woning), of meer on- langs in haar kantoor hoog bo Madison Avenue in New York – is dit altyd ’n prentjie van mooi. Maar nooit oordadig nie. Sy het net die flair om dinge stylvol bymekaar te sit en inspirasie te skep, soos sy doen met haar Instagram-leefstylfoto’s wat haar duisende volgelinge daagliks in vervoering het.

Watter van Aerin se parfuums pas die beste by jou? Vind hier uit

'n Kykie na Aerin se kantoor en haar inspirasie FOTO: Instagram @aerin

‘n Kykie na Aerin se kantoor en haar inspirasie FOTO: Instagram @aerin

Aerin by die Glansryke Met Gala saam met ontwerper Michael Kors, aktrise Kate Hudson en Lauren duPont wat saam met haar werkFOTO: Instagram @aerin

Aerin by die Glansryke Met Gala saam met ontwerper Michael Kors, aktrise Kate Hudson en Lauren duPont wat saam met haar werk FOTO: Instagram @aerin

In Amerika word dié erfgenaam van een van die wêreld se grootste skoonheidsryke, en deesdae ook ma van twee tienerseuns, as ’n styl-ikoon beskou met ’n voorliefde vir jeans, kasjmier-truie en ’n Stella McCartney- baadjie. En altyd haar Cartier-horlosie, ’n geskenk 20 jaar gelede van haar man, Eric Zinterhofer. Oor haar eie styl het sy al gesê: “Ek is taamlik tradisioneel; bietjie downtown, meer uptown, dit moet net ék voel.” Met haar natuurlike heuningbruin hare, minimale grimering en ’n bietjie van ’n sonbruin, was sy nog altyd vir my sinoniem met die mooiste van die 70’s, maar op ’n vars, moderne manier. Koningin Rania van Jordanië het dit in ’n onderhoud meer raak beskryf: “Aerin se styl is kontemporêr, maar ook klassiek. Haar styl is tydloos.”

Ek ontmoet Aerin dié keer op ’n koel dag in New York op die vyfde vloer van haar nuwe kantore in die Fuller-gebou op Madison Avenue. Met vensters van die vloer tot die dak is dit oop en lig. Art deco-meubels, moderne kuns teen die mure, elemente van goud en blink kandelare dra by tot ’n supersjiek maar warm ruimte. Ons sit om die antieke glastafel met sy vergulde stoele, wat eens aan Estée Lauder self behoort het. Op byna 45 is dit die Aerin van ouds: slank, elegant, vroulik … en immer diskreet. Om haar oë begin die jare se laglyntjies wys, maar ouer word is iets wat sy met grasie doen, soos die Hollywoodsterre Audrey Hepburn en Love Story se Ali MacGraw wat sy juis om dié rede so bewonder.

Tog sien ek dié keer iets anders raak: Aerin met nuwe selfvertroue en energie; ’n nuwe sin van onafhanklikheid. En dadelik vertel sy my: “Ek leef my droom.”

Lees meer HIER oor Aerin se droom: haar eie handelsmerk 

Bronne: www.ladolcevitablog | http://aspenpeak-magazine.com | www.vogue.com | http://www.wmagazine.com