FOTO: AZarubaika / Gallo Images / Getty Images

FOTO: AZarubaika / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Ja of nee: Dra jy sonskerm in die winter?

Vir Suid-Afrikaners is min dinge so lekker soos daardie heerlike sonnige dae wat ons in die buitelug geniet. Een van die belangrikste stappe wat jy kan doen om jou vel jonk en gesond te hou is om sonslim te wees.

Ons weet dis belangrik om sonskerm in die somer te dra, of as jy vir lang tye in die son is, maar ’n goeie sonskerm is regdeur die jaar – ook in die winter – nodig, sê die internasionale velsorgkenner Paula Begoun in haar boek Don’t Go to the Cosmetics Counter Without Me. Selfs net ’n paar minute se sonblootstelling per dag bou oor jare op en jy kan die tekens van sonveroudering reeds in jou 20’s begin sien, skryf sy.

Nou wil ons weet… Dra jy in die winter ’n sonskerm op jou gesig?

Dra jy in die winter sonskerm op jou gesig?

  • JA
  • NEE

Lees meer