Skoonheidstories

Ja, spinnekopwimpers is weer mode!

Vir baie jare was klonterige wimpers wat aan mekaar vasklou een van die grootste moenies in die maskara-reëlboek – anders het jy met sogenaamde spinnekopwimpers of “spider lashes” rondgeloop. Nou lyk dit asof dié “gevreesde” wimper-voorkoms weer in die mode is!

Boelies by die werk – niemand is veilig nie

Spinnekopwimpers verwys na wimpers wat bonkig, klonterig en onafgerond lyk. Om dié oordrewe voorkoms te vermy formuleer skoonheidshuise die afgelope paar jaar hul maskaras sodat dit gedefinieerde wimpers skep wat natuurlik lyk, sonder ’n klont in sig. Maar deesdae maak dikker, bonkige wimpers ’n terugkeer. Dit was ’n gewilde grimeertendens by vanjaar se internasionale modeweke vir winter en bekendes soos Blake Lively en Kristen Stewart het onlangs met dié voorkoms op die rooi tapyt by Cannes gepronk.

 

 

Só moet jou wimpers nié lyk nie…

 

Die moderne weergawe van spinnekopwimpers spog met lang, welige wimpers wat steeds bonkig lyk, sonder enige klonte, berig InStyle.com. Dis ’n vinnige en maklike manier om jou oë groter en treffend te laat lyk.

’n Gewilde manier om spinnekopwimpers te skep is om eers ’n lagie maskara op jou wimpers aan te wend. Daarna tik jy met ’n klein grimeerborsel deursigtige poeier daaroor aan, waarna jy weer ’n paar lae maskara aanwend. Sodra jou maskara droog is, kan jy selfs ’n knyptangetjie gebruik om van jou wimpers saam te groepeer vir haartjies wat dikker lyk.

Powder, lacquer + pinch your lashes every now and then! Tutorial at thebeautydepartment.com! #makeup #beauty #eyes

A photo posted by The Beauty Department (@thebeautydept) on

5 dekorplanne met ou jeans

Gelukkig is daar makliker maniere om moderne spinnekopwimpers wat afgerond lyk te skep. Wimper-basislae (primers) help om jou wimpers te verdik en voller te laat lyk, terwyl slim maskara-formules die haartjies verleng en volledig bedek sonder om klonte te vorm.

Skep só moderne spinnekopwimpers stap vir stap:

Stap 1: ’n Wimperkruller maak ’n gróót verskil. Druk dit teenaan jou wimpers vir ’n paar sekondes en herhaal nog een of twee keer totdat al die haartjies mooi gekrul is. ’n Gehalte-toestel met ’n plastiekdeeltjie wat oor jou wimpers druk, beskadig dit nie.

Stap 2: ’n Basislaag voed jou wimpers en maak dit langer en dikker. Wend ’n basislaag aan jou wimpers en wag ’n paar minute dat dit droog word voordat jy maskara bo-oor aanwend, anders kan jou wimpers grys lyk.

Stap 3: Plaas die maskaraborsel so na moontlik aan jou wimperlyn en wikkel dit van links na regs deur jou wimpers terwyl jy die borsel deurtrek om elke haartjie met maskara te bedek.

Stap 4: Twee (of drie) lae maskara is die sleutel vir vol wimpers. Wend een laag aan en wag ’n minuut of twee voordat jy nog ’n laag aanwend. As jy die lae onmiddellik na mekaar aanwend, is die nat maskara te swaar en sak die krul wat jy met jou wimperkruller geskep het uit. Wag nog ’n minuut en wend ’n derde laag aan as jy voel dis nodig.

Stap 5: Vir bonkige wimpers wat teen mekaar vasklou, soos die model Twiggy dit in die 60’s gedra het, moenie die oortollige maskara van die borselpunt verwyder wanneer jy dit uit die buisie trek nie. Hou die borsel vertikaal en gebruik net die punt om die maskara aan te wend. Dit sal jou wimperhaartjies meer aan mekaar laat vasklou.

Probeer dié produkte:

Smashbox Photo Finish Lash Primer (R250)

Bobbi Brown Eye Opening Mascara (R360)

Estée Lauder Sumptuous Knockout Defining Lift and Fan Mascara (R345)

Maybelline The Colossal Go Chaotic! Volum' Express Mascara (R135)

L'Oréal Paris False Lash Superstar Red Carpet Black Mascara (R190)

Bronne: www.instyle.com, www.thebeautydepartment.com, www.hollywoodlife.com

Het jy gehoor? Spinnies in die lug!

Wimpers wat soos spinnekoppote lyk is dalk nou mode vir jou wimpers, maar agt pote op jou been terwyl jy op ’n internasionale vlug sit, is ’n ander storie!

’n Vlug van die Dominikaanse Republiek na Kanada het in ’n nagmerrie ontaard toe twee tarantulas tussen die passasiers begin “kuier” het.

Een van die Kanadese vroue aan boord het gesê sy het gedink sy het begin hallusineer toe sy die spinnekop op haar been sien. Sy het dit afgeklap en daarna moes almal op hul stoele staan voordat die ongewone passasier “in hegtenis geneem” is. Die ander een is eers gevang ná die vliegtuig in Kanada geland het.

Lees verder op CBC se webtuiste. 

Lees nou

Kan kasterolie jou wenkbroue vinniger laat groei?