Jonger oë - jonger jy!
3 maklike stappe na varser, jonger oë.
Natuurlik was ''hulle'' reg: Jou oë is die venster op jou siel. Want met jou oë kan jy boekdele praat, sonder om jou mond oop te maak. Jou oë verklap as jy moeg, opgeruimd, dromerig of verlief is...
Michelle Els van SARIE het 'n draai by die Estée Lauder-skoonheidstoonbank gaan maak vir 'n grimeersessie. Hier deel sy hul wenke oor hoe om jou oë varser en jonger te laat lyk.
Een, twee, drie ... en siedaar!
Fokus altyd op die binne- en buitekant van jou oë, dit is die eerste plekke waar moegheid en ouderdom wys.
1.) Wend dus verbloemer om jou oogarea aan nadat jy jou onderlaag aangesit het. (Verbloemer behoort 'n skakering of twee ligter as jou onderlaag te wees.)
2.) Tikkies wit/verhelderende poeier, wat binne en buite die oogarea aangewend word, sorg vir 'n jonger, vars voorkoms.
3.) Tik óók van dié verhelderende poeier net onder jou wenkbroue. Dit skep die illusie dat jou wenkbroue hoër sit, wat dikwels 'n jeugdiger voorkoms gee.
Onthou, maskara raam jou oë...

“For beautiful eyes, look for the good in others; for beautiful lips, speak only words of kindness; and for poise, walk with the knowledge that you are never alone.” - Audrey Hepburn
Verwante artikels
-
Eat Pray Love–parfuum!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
-
Hoe om rokerige oë te kry - Ons wys stap-vir-stap hoe
SARIE - Junie 2010
Dis die voorkoms wat almal wil hê. Doen dit in 6 maklike stappe en lyk soos 'n model.
-
Michélle op pad na Lily Pond-weg: gesogte adres van die Lauders, Martha Stewart en Jackie Kennedy se grootouers
SARIE Julie 2010
Michélle se eerste dag in East Hampton - dáár waar die rykes rus en vrede vind...
-
Michélle verklap gesprekke om die Lauders se etenstafel
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
En daar verras Aerin Lauder en haar span ons groep redakteurs (van sover as Rusland, Australie en Mexiko) gister behoorlik!
-
Nuwe gesigte vir Estée Lauder
SARIE - Mei 2009
Die skoonheidshuis Estée Lauder het pas twee splinternuwe gesigte vir hul advertensieveldtogte aangekondig.
-
Skep só rokerige oë
SARIE - Desember 2008
En lyk soos 'n SARIE voorbladgesig



















Kommentaar