Skoonheidstories

Jonger oë – jonger jy!

Natuurlik was ”hulle” reg: Jou oë is die venster op jou siel. Want met jou oë kan jy boekdele praat, sonder om jou mond oop te maak. Jou oë verklap as jy moeg, opgeruimd, dromerig of verlief is...

Michelle Els van SARIE het ‘n draai by die Estée Lauder-skoonheidstoonbank gaan maak vir ‘n grimeersessie. Hier deel sy hul wenke oor hoe om jou oë varser en jonger te laat lyk.

Een, twee, drie … en siedaar!

Fokus altyd op die binne- en buitekant van jou oë, dit is die eerste plekke waar moegheid en ouderdom wys.


1.) Wend dus verbloemer om jou oogarea aan nadat jy jou onderlaag aangesit het. (Verbloemer behoort ‘n skakering of twee ligter as jou onderlaag te wees.)


2.) Tikkies wit/verhelderende poeier, wat binne en buite die oogarea aangewend word, sorg vir ‘n jonger, vars voorkoms.


3.) Tik óók van dié verhelderende poeier net onder jou wenkbroue. Dit skep die illusie dat jou wenkbroue hoër sit, wat dikwels ‘n jeugdiger voorkoms gee.


Onthou, maskara raam jou oë…


‘n Verdere hupstoot vir treffende oë, is Estée Lauder se nuwe Advanced Night Repair Eye Synchronized Complex-oogroom gebruik. Dit bevat al die noodsaaklike bestanddele vir die herstel en beskerming van die delikate oogarea en help om tekens van veroudering te versag.
[box:full:grey:both]
“For beautiful eyes, look for the good in others; for beautiful lips, speak only words of kindness; and for poise, walk with the knowledge that you are never alone.” – Audrey Hepburn
[/box]

  • Zkho0H pwlatmjzobyo, [url=http://yocozhjeoblh.com/]yocozhjeoblh[/url], [link=http://trytnmoayeva.com/]trytnmoayeva[/link], http://tnajkkfombds.com/