Taylor Swift FOTO: Instagram (@taylorswift)

Taylor Swift FOTO: Instagram (@taylorswift)

Skoonheidstories

Dís die moet-hê-lipstiffie vir elke seisoen – vra net vir Taylor Swift

Rooi bly maar ’n gewilde skakering vir jou lippe. As jy ’n aanhanger van dié klassieke skakering is, is SARIE se eie Valentynrooi-lipstiffie perfek vir jou. Dié helderrooi simboliseer liefde, passie en opwinding. Jy sal bemagtig, avontuurlustig en begeerlik voel, terwyl dit vir die wêreld wys jy’s selfversekerd.

Kry só Melissa McCarthy se styl – wenke vir die voller figuur

Dra dit só

*Gebruik altyd ook ’n rooi lipomlyner wanneer jy jou rooi lipstiffie dra. Dit gee definisie aan jou lippe en skep ’n “skoner” voorkoms omdat jou lipstiffie nie sal “bloei” nie.

*Hou die res van jou grimering eenvoudig wanneer jy jou rooi lipstiffie dra: Probeer ’n oogskadu in ’n natuurlike skakering soos bruin, grys of beige en wend lekker baie maskara aan.

*Om jou rooi lippe sagter en effens ingeleef te laat lyk, wend met jou ringvinger jou lipstiffie oor jou onderlip aan vir ’n tikkie kleur. Wend dan ’n deursigtige lipglans (of lipice) aan jou bo-lip en pers jou lippe saam om die kleur sagkens te versprei.

Heino Schmitt nou deel van ‘Pasella’-span

Dié bekendes is ook aanhangers van ’n helderrooi lipkleur!

 

Klik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind watter SARIE-lipstiffie perfek is vir jou

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

6 vreemde feite oor skrikkeldag…