FOTO: Instagram katyperry

FOTO: Instagram katyperry

Skoonheidstories

Kry Katy Perry se lippe met jou SARIE-lipstiffie!

Pastelpienk lippe is die afgelope toekenningseisoen gereeld op die rooi tapyt gesien! As jy ’n aanhanger is van dié skakering, is SARIE se eie Verliefpienk-lipstiffie perfek vir jou. Dié helder pastelpienk simboliseer geluk en positiwiteit en is ook romanties en kalmerend. Dit moedig jou aan om sagter met jouself en dié om jou te wees.

Nataniël kry 11 Naledi-benoemings

Dra dit só

*Pastelpienk lippe kan subtiel of treffend wees, afhangend van hoe jy die skakering dra. ’n Lipstiffie met ’n mat-afwerking staan uit. Versag jou voorkoms met ’n lipstiffie met ’n glans- of satyn-afwerking.

*Wend vooraf ’n lipomlyner in ’n soortgelyke skakering aan jou lippe. Dit voorkom dat die kleur bloei en laat die lipstiffie langer op jou lippe hou.

*Komplementeer jou lippe met ’n tikkie roos- of perske-kleurige blos op jou wange.

Begin Maart met dié SARIE-agtergrond

Die sangeres Katy Perry is ons ster-inspirasie vir pienk lippe!

 

 

Klik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind watter SARIE-lipstiffie perfek is vir jou

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

Blake Lively ken toe nie haar modeweek-etiket nie