moet_he_kopie
Skoonheidstories

Jou moet-hê skoonheidskopies

Helderrooi en fuchsia lippe sorg dat geen grys dag jou troef nie, terwyl misterieuse kohl-omlynde oë winter-romanse belowe.
 

Rooigevlekte lippe herinner dat rooiwynkuiers en kaggelvure nou nét die ding is, en 70’s-geïnspireerde skakerings van pers herroep vergete plateversamelings en nostalgiese foto’s.

Diep, donker swart met ’n tikkie blou of pers op naels en lippe vier jou peinsende kant, en rokerige oë maak die partytjiegees in jou wakker. En voor dinge te duister raak, verskyn platinum as die helder metaalrandjie.

Hier is jóú moet-hê skoonheid-items vir winter . . .

   

1. KOHL-OMLYNING

Oë met kohl omlyn is nou óral op die loopplanke –
dis sagter as ’n gewone oogpotlood en ideaal om ’n
smeulende lyn mee te trek. Revlon Matte Luxurious
Color Kohl Eyeliner
(R99,95).

Omlyn jou oë

2. LIPPE MET GLANS

Probeer Estée Lauder Pure Gloss Stick (R185).
Dit het ’n ryk formule wat op jou lippe insmelt
vir langdurige glanskleur – of kies M.A.C Colour
Ready Lipstick in Show Orchid (R130).

3. MOOIPRAATJIES

Die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown
deel al haar topwenke in haar jongste boek,
Makeup Manual (R294,95). “Ek vind dat vroue
óf gefassineerd is met grimering óf dit raaiselagtig
vind – en die meeste wil graag meer daaroor leer.
Alle vroue soek dieselfde ding: om soos hulself te lyk,
net nog mooier en met meer selfvertroue,” sê sy.

4. HELDER KLEUR

’n Getinte vogroom is ideaal vir ’n baie jong én ’n
volwasse vel. “Dit laat vel asemhaal en voel soos ’n
vogroom, maar gee ook ’n rapsie kleur. Gebruik
dit somer en winter – soek een met ’n SBF,” is
grimeerkunstenaar Algria Ferreira-Watling se raad.
Vertrou Lancôme Bienfait Multi-Vital Teinté SPF30
Sunscreen
(R325) of Annique Green Rooibos Moisture
Cover Tinted Moisturiser with SPF15 (R90).

5. SKOON BEGIN

“Soek ’n reiniger sonder sulfate,” is Andy Grobler,
bemarkingsbestuurder van REN, se raad. “Sulfate is
baie hard op jou vel en kan rooiheid veroorsaak.”
Reinig jou vel sagkens met Clinique Rinse-off Foaming
Cleanser
(R185) of REN Mayblossom Face Wash (R285).

6. COCO HERLEEF

Coco Chanel was een van die grootste
modeontwerpers nog, en etlike flieks oor haar
sien die lig. Verlede jaar het Shirley MacLaine haar
hakskoene volgestaan in ’n TV-reeks, en in die
tweede helfte van 2009 is Audrey Tautou as Coco
te sien in die fliek Coco Before Chanel.
Coco Mademoiselle (R950 vir 50 ml EDP)
se wortels lê in die Ooste – een van Coco se
gunsteling-plekke.