Skoonheidstories

Jou SARIE-gids: Alles oor gekleurde basislae (primers)

Die meeste van ons het al die woord “colour correction” gehoor, maar deesdae is dié slim grimeertruuk die skoonheidswêreld se nuutste gonswoord. Die colour correcting-tegniek behels die aanwending van skakerings soos groen, pienk en geel as basislaag (primer) aan jou gesig om probleemareas, soos byvoorbeeld donker kringe of rooiheid, te verbloem.

Bier is vir vroue ook – lees meer!

Al hoe meer skoonheidshuise stel nou basislae en verbloemers (concealers) bekend wat elk met ’n spesifieke kleur geformuleer is om jou gelaat om te tower. Skakerings soos onder meer groen, pienk en pers takel enigiets van ’n gelaat wat rooi, moeg of vaal lyk tot pigmentasie en donker vlekkies. Sodra jy dit aanwend, verdwyn die kleur van die formule en daarmee saam ook jou grootste velkwessie.

Hoe kies jy die regte gekleurde basislaag en verbloemer vir jou velkwessies?

Volg ons nuttige SARIE-gids:

SARIE-gids ColourCorrection

Lees nou! Ons toets ’n basislaag vir ’n rooi vel

GROEN

Die probleem: Jou vel is geneig om op dele baie rooi en sensitief te wees met ekseem of ’n veluitslag.

Jou staatmaker-kleur: Groen – dit neutraliseer rooiheid en verdoesel fyn gebreekte aartjies.

Kyk net na dié vinnig video. . .

[1 of 3] #GetLessRed #ColorCorrecting Sticks even out redness caused by sunburn, blemishes, etc. Available exclusively @sephora. UPDATE: Please keep in mind that the model has makeup on in the after shot. Definitely not suggesting that color correcting does it all! It just does an awesome job of evening out skin. UPDATE 2: Since there seems to be some confusion with this post, we just wanted to clarify that the after shot with the Color Correcting Stick AND makeup applied is a completely different photo than the before shot. And because it’s tough to replicate 100% exact conditions, the position and angle of the model’s face and camera were different, thus causing slight variations in her look. This is the case with many before-and-after’s, so we didn’t think to include this clarification, apologies for any confusion!

A video posted by Smashbox Cosmetics (@smashboxcosmetics) on

GEEL

Die probleem: Jy het ligte rooiheid oor jou hele gesig.

Jou staatmaker-kleur: Geel – As jy ’n ligte gelaat het, verdoesel geel effense rooiheid oor jou hele gesig, asook ligte pers en blou areas onder jou oë.

PERSKE en ORANJE

Die probleem: Jy het donker vlekkies en hiperpigmentasie op jou vel en donker kringe onder jou oë.

Jou staatmaker-kleure: Perske (vir ’n ligte gelaat) en oranje (vir ’n donkerder gelaat) – dié skakerings neutraliseer donker kringe onder jou oë en kan areas met pigmentasie en donker vlekkies verdoesel.

PIENK

Die probleem: Jou gelaat lyk moeg en vaal.

Jou staatmaker-kleur: Pienk – Nes ’n verligter helder dié skakering jou gelaat op as jy ’n baie ligte vel het en sorg so vir ’n gesonde en vars voorkoms. Pienk oogskadu-skakerings het dieselfde effek op jou oë.

PERS

Die probleem: Jou gelaat lyk vaal en uitgewas.

Jou staatmaker-kleur: Pers – As jy ’n medium gelaatskleur het, help pers om enige geelheid teen te werk en jou gelaat op te helder. Dit werk veral goed tydens die wintermaande. Wend die skakering aan soos wat jy verligter sou aanwend: die middel van jou voorkop, op jou neusbrug en in die middel van jou ken.

TROUFOTO’s: Andrea Streso en haar Hoffman se mooiste dag

WEN 1 van 3 INGLOT Primer-geskenkpakke ter waarde van R2 064 elk!

Drie gelukkige SARIE-lesers kan elk ’n Inglot Primer-geskenkpak ter waarde van R2 064 wen! Al wat jy moet doen, is om ‘n eenvoudige vraag te beantwoord (jy kan die inskrywingsvorm HIER kry).

Probeer dié gekleurde basislae:

Groen

Inglot Corrective Primer Green HD (R499). By uitsoektakke van Edgars en INGLOT-winkels

Perske

Smashbox Photo Finish Foundation Primer Color Correcting Blend (R395)

Groen en Pers

Almay Smart Shade Perfect & Correct Primer (R200)

Pienk

Benefit That Gal Brightening Face Primer (R365). By Edgars

Bronne: www.allure.com, www.beautylish.com, www.sephora.com, www.newbeauty.com

Dié baadjie is gepas vir elke ouderdom