FOTO:  kimkardashian

FOTO: kimkardashian

Skoonheidstories

Jou selfie laat jou dalk 7 jaar ouer lyk…

Ons almal weet om die perfekte selfie te neem, vat ’n hele paar probeerslae. En soms voel dit asof dié perfekte selfie niks meer as ’n mite is nie.

Gelukkig is dit al die tyd nie jý nie, maar wel jou slimfoon se kameralens wat veral vroue bo 40 jaar tot sewe jaar ouer kan laat lyk, berig die Britse koerant The Telegraph.

to 2015

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Soos wat jy ouer word, verloor jou vel al hoe meer volume en fermheid en wanneer jy dan ’n selfie met jou slimfoon neem, veral as jy ouer as 40 is, word dié eienskappe net nog meer beklemtoon. Weens die wye hoek van jou slimfoon se kameralens kan die middel van jou gesig, soos jou neus en oë, groter lyk as wat dit werklik is, terwyl dit jou wange en mond meer ingesonke kan laat lyk. Dit kan ook die voorkoms van donker kringe onder jou oë vererger. Daarby lyk die vel op jou nek en ken meer plooierig omdat die meeste van ons die slimfoon laer as ons gesig hou wanneer ons ’n selfie neem.

Maar voordat jy hoop opgee om ooit weer ’n goeie selfie te neem, is daar ’n eenvoudige plan wat jy kan maak om jou kameralens te flous…

Hou bloot jou slimfoon altyd teen ’n hoek effens bo jou gesig wanneer jy ’n selfie neem. Dit gee meer definisie aan jou nek en ken, en laat die volume in jou gesig meer eweredig voorkom. Jou gesig lyk dan meer gebalanseerd en jeugdig.

Jared Leto se nuwe rol + 10 van sy beste haarstyle

Die koningin van selfies, werklikheidster Kim Kardashian, het ook al haar top-selfiewenke gedeel. Ons het ’n paar gaan uitsoek:

*Sy neem nooit ’n selfie waar daar ’n skerp fluoresseerlig is nie. Sy verkies warm of natuurlike lig wat haar gesig van van voor belig.

*As daar nie ’n plek met goeie beligting is nie, verander sy haar selfie na swart-en-wit voordat sy dit op sosiale media deel. Dit laat die skaduwees op jou gesig minder opsigtelik lyk.

*Sy hou ook altyd haar kamera hoër as haar gesig, terwyl sy haar ken afwaarts hou.

Bronne: www.telegraph.co.uk, www.dailymail.co.uk, www.marieclaire.com

Kry jou Mumford & Sons-oorlewingsgids hiér