Julia Roberts se hare en lippe
Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!
"Jy kan kartels soos Julia Roberts s’n skep met behulp van die groot GHD-stileertang (die Salon Styler). Draai stringe hare 360° om die yster en trek die yster na onder. Hou dan die krulle in plek met ’n serum of mousse," sê Terence Terenzo.
Enige vrou van enige ouderdom kan haar hare lank dra, glo hy: "Ek weet nie waar die idee vandaan kom dat soveel vroue oor 40 dink hul hare móét kort wees nie. Vir my is lang hare juis sag en sensueel, en dit kan ook ’n lyntjie of twee wegsteek," sê hy.
Jy hoef ook nie noodwendig sterk gelaatstrekke soos Julia s’n te hê om langer hare te dra nie. Net as jou wangbene wyd geset is, moet jy liefs van só ’n haarstyl wegbly – 'n bos krulle sal jou gesig nog breër laat lyk.
Grimeerkunstenaar Lisa Cloete sê Julia se groot mond is onverwags mooi: "Vroue moet dit oorweeg om juis daardie gelaatstrekke wat nie as klassiek mooi beskou word nie, te beklemtoon – soveel Hollywood-vroue het dit al hul kenmerk gemaak."
Lees meer oor Julia as die skoonheidshuis Lancôme se nuwe gesig in die Mei 2010-SARIE.
In Julia se grimeersakkie
![]() |
![]() |
![]() |
| Maybelline Color Sensational Lipstick in Autumn Rush (R104,95) | Behou jou hare se vog met VO5 Deep Nourishing Elixir Strengthening Conditioner For Damaged, Coarse, Brittle Hair (R19,99 vir 200 ml) |
Hou ’n vel van 40+ stralend met RoC Complete Lift Lifting Daily Moisturizer (R365). |
- Foto van Verskaf
Verwante artikels
-
Brad Pitt vervaardig Eat, Pray, Love. En wil die Wêreldbeker Amerika toe bring!
SARIE - Junie 2010
Het jy geweet? Brad Pitt is nou amptelik deel van Amerika se bodkomitee om die sokker-wêreldbeker in 2018 of 2022 na Amerika te bring.
-
Eat, Pray, Love se voorprent met Julia Roberts - Kyk die video
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Elizabeth Gilbert se memoires Eat, Pray, Love het soos 'n veldbrand tussen ywerige lesers regoor die wêreld versprei en nou is dit 'n fliek. Hier's die voorprent.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Julia Roberts oor haar hoofrol in Eat Pray Love
SARIE - Oktober 2010
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Julia Roberts se mooiste foto's vir 'Eat, Pray, Love' - sy praat oor Botox
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Julia Roberts is op die September-voorblad van ELLE-tydskrif (internasionaal). Hiervoor is Eat, Pray, Love-geïnspireerde foto's geskiet. Kyk net die foto's!
-
Julia Roberts: Om te eet, bid of lief te hê
-
Lancôme-maskaras - Het jy geweet?
SARIE - Mei 2010
Julia Roberts het onlangs vir die eerste keer die gesig van 'n skoonheidshuis geword.
-
Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
SARIE - Desember 2009
"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
-
Stap-vir-stap: Mooi lippe
SARIE - Oktober 2010
Beklemtoon jou lippe se sensualiteit met net genoeg lipkleur om die oog te tref























Kommentaar