Skoonheidstories

Jy kán in 5 minute grimeer –Victoria Beckham wys jou hoe!

Ná twintig jaar in die kollig kan jy seker wees dat die Britse modeontwerper Victoria Beckham wéét hoe om te grimeer! In ’n video vir die Amerikaanse Vogue wys die voormalige Spice Girl hoe sy in vyf minute ’n sexy tog elegante grimeervoorkoms vir die dag skep.

Excited to share my latest Vogue cover with you all! Thank u @voguekorea! X vb

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

 

Kyk die video hiér:

Ons is mal oor die sagte rokerige oë en glansende gelaat wat Victoria in die video skep. Jy kan ook!

Vir moeitelose grimering in ’n kits, maak seker dié produkte is in jou grimeersakkie:

Basislaag: Begin met ’n basislaag (primer) oor jou hele gesig. Dit “vul” ’n oneweredige veltekstuur in sodat jy ’n gladde gelaat het. Dit help ook om velkwessies te behandel, soos om oortollige sebum te absorbeer of ’n onegalige velkleur te korrigeer.

BB-room en verligter: Gebruik ’n getinte vogroom of BB-room met ’n douerige afwerking wat jou vel minimaal bedek. Vir ekstra glans kan jy ’n verligter op jou wangbene, die brug van jou neus, jou oogbanke en ken tik. Dit is die dele van jou gesig waar lig natuurlik val.

Veelsydige oogskadu-palet: Kies ’n oogskadu-palet met neutrale kleure en wend die skakerings van lig na donker liggies oor jou ooglede aan met ’n oogskaduborsel. Vir ’n dag-voorkoms wil jy nie jou rokerige oë té donker skep nie.

Bruin oogomlyner: Gebruik ’n bruin oogomlyner reg rondom jou oë en smeer die lyn liggies met ’n grimeerborsel sodat dit ingeleef lyk.

Maskara en ’n naakkleurige (nude) lipstiffie: Nou is net ’n paar lae maskara en ’n neutrale kleur op jou lippe nodig!

Probeer dié produkte:

Basislaag

Max Factor Face Finity All Day Primer SPF 20 (R210). By Clicks

BB-room

Clinique Anti-Blemish BB Cream SPF 40 (R455)

Verligter

M.A.C Strobe Cream (R430)

Oogskadu-palet

Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting EyeShadow 5-Color Palette in Ivory Power (R745)

Oogomlyner

Revlon ColorStay Eye Liner in Brown (R179)

Maskara

Clarins Mascara Supra Volume (R295)

Lipstiffie

Avon Ultra Colour Rich Lipstick SPF15 in Blush Nude (R140). Skakel 0860 102 345

Het jy geweet?

Victoria stel later vanjaar saam met die skoonheidshuis Estée Lauder ’n luukse grimeerreeks vir ’n beperkte tyd bekend. Die reeks bestaan uit onder meer oogskadu-palette, lipstiffies, verligters en verbronsers wat deur vier wêreldstede geïnspireer is: Los Angeles, New York, Londen en Parys.

Lees ons nuusbrief HIER

Lees nou

Afrikaanse aktrise verloor 30 kg

Grys – nog nooit só sexy!