skoonheid hare borsel haarborsel

FOTO: Instagram (@kerastase_official)

Skoonheidstories

Kan dié borsel hare vinniger laat groei?

In die skoonheidswêreld is daar ’n hele paar haarstileerders, -kenners en aanhangers wat glo jy kan jou hare vinniger laat groei deur dit gereeld met ’n haarborsel met varkbeerhare (boar bristle brush) te borsel. Kan dit wees dat die geheim vir gesonde hare wat vinniger groei só eenvoudig is? Of is dit ’n wolhaarstorie …

6 bederfprodukte vir Moedersdag

’n Onlangse aanlyn artikel deur die Britse Cosmopolitan het die SARIE-skoonheidspan se aandag geprik nadat die skrywer van die artikel, Lucy Aitken Read, die skynbare haargroei-vermoë van ’n varkbeerhaar-borsel op die proef gestel het. En wanneer jy na die voor- en ná-foto’s van Lucy se haarlengte kyk – nadat sy vir twee weke haar hare twee keer ’n dag vir sowat drie tot vyf minute met dié borsel geborsel het – lyk dit byna asof haar hare inderdaad 2 cm langer is!

Kyk hiér na die voor- en ná-foto’s

Só lyk ’n haarborsel met varkbeer-borselhare:

Is ’n varkbeerhaar-borsel dan al wat jy nodig het vir langer hare?

Volgens Chantal O’Brien de Villiers, ’n kosmetiese konsultant vir die Vigro-haarsorgreeks, is daar nog geen wetenskaplike bewyse dat jou haarfollikels gestimuleer word om jou hare te laat groei wanneer jy dit met dié haarborsel (of enige ander borsel) kam nie. Om dit gereeld te borsel is wel voordelig vir jou hare se gesondheid.

“As jy jou hare gereeld borsel, stimuleer jy die bloedsirkulasie na jou kopvel. Beter bloedsirkulasie sorg dat daar meer suurstof en voedingstowwe na jou haarfollikels gelewer word. Dít voed jou haarwortels en bevorder gesonde haargroei,” sê Chantal.

Chantal maan dat hare wat reeds beskadig, droog of bros is nie noodwendig sal verbeter as jy dit gereeld borsel nie. As jy hare te veel borsel, kan dit breek en selfs begin uitval.

Hoewel enige haarborsel die bloedsirkulasie na jou haarfollikels kan bevorder, bied ’n haarborsel van varkbeerhare ekstra voordele wat die gesondheid (en moontlik ook haargroei) van jou hare ’n hupstoot kan gee.

Dis sag op jou kopvel

Varkbeer-borselhare is sagter as dié van plastiek of metaal. Dit sal nie sommer jou kopvel irriteer of krap nie.

Dit help met die verspreiding van natuurlike olies

Wanneer jy jou hare borsel met ’n varkbeer-haarborsel, help die diggepakte haartjies om die natuurlike olie by jou haarwortels na jou haarpunte te versprei. So bevog en voed dit dié deel van jou hare wat gewoonlik droog is en die meeste beskadig is.

Dit sorg vir glans

Varkbeer-borselhare help ook om die buitenste deel van jou hare wat soos skubbe oormekaar lê (die haarkutikels) glad te laat lê. Gladde haarkutikels weerkaats lig sodat jou hare blink.

Dit verwyder vuilheid

Danksy dié borselhare se tekstuur kan dit selfs in ’n mate vuilheid en onsuiwerhede uit jou hare verwyder. Jy kan jou uitgeblaasde haarstyl nóg langer laat hou.

Het jy geweet?

Varkbeer-borselhare is soms te sag om doeltreffend deur dik of krullerige hare te gly. Baie borselvervaardigers voeg daarom nylon-borselhare tussen die varkbeerhare in om die borselhaartjies te versterk.

Olimpiese fakkel: Só lyk die roete

Probeer dié haarborsel:

Denman 100% Boar Bristle Brush Medium (R180). By Dis-Chem

haarborsel haarsorg kam

Wat dink jy? Sal jy spesiaal vir jou ’n varkbeerhaar-borsel kry?

Sal jy so ’n haarborsel gebruik?

  • JA
  • NEE

20160429_VGB Tag

Bronne: www.allure.com, www.wisegeek.org, www.cosmopolitan.co.uk

Kyk net hoe lyk bekendes se hare en grimering by die Met Gala!