FOTO Instagram (@adele)

FOTO Instagram (@adele)

Skoonheidstories

Só kan wenkbroue jou gesig verander

Grimeerkenners beklemtoon gereeld hoe belangrik dit is om nie jou wenkbroue af te skeep nie. Dit raam jou gesig, rond jou voorkoms af en kan jou selfs jonger laat lyk. Voller wenkbroue wat natuurlik lyk – dit is dus nie te veel gepluk nie en die vorm het nie ’n oordrewe boog nie – is waarna ons moet streef. En as jy ons nie glo nie, kyk maar net watter verskil dié bekendes se wenkbroue aan hul voorkoms maak!

 

1. Gwen Stefani

Wenkbroue lyk weliger as jy die gapings tussen jou wenkbrouhaartjies met ’n oogskadu of wenkbroupotlood invul.

2. Olivia Wilde

3. Drew Barrymore

4. Adele

Daar is nie iets soos die perfekte wenkbrouvorm nie, maar dikker wenkbroue wat ’n bietjie meer reguit loop, komplementeer die meeste vroue.

Die oordrewe boog van sanger Adele se wenkbroue op die voorblad van die Brasiliaanse Billboard-tydskrif (links) laat haar ouer lyk. Met ’n meer reguit wenkbrouvorm op die tweede voorblad (regs) lyk sy sexy en modern.

5. Kim Kardashian

Onthou: Kies ’n skakering na aan die kleur van jou haarwortels. So lyk jou wenkbroue natuurlik en nie té lig (soos Kim Kardashian s’n) of te donker nie.

Grimeer jy jou wenkbroue?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Behandel só donker vlekke en pigmentasie

Aanpaskamer-etiket