Skoonheidstories

Kardashians flous almal met pruike

Die Kardashian/Jenner-werklikheidsterre verander byna weekliks hul voorkoms met haarverlengstukke en pruike. Veral Kylie Jenner dra graag ’n pienk of blou pruik om haar voorkoms in ’n kits op te kikker. En soms lyk dié glanshare so natuurlik dat niemand ooit kon raai dat dit al die tyd ’n pruik is nie.

Skaars ’n maand gelede het Kim Kardashian aanhangers op hol gehad toe sy haar kenmerkende lang hare in ’n lob met stomp punte laat sny het. Maar selfs dít was toe net ’n pruik.

Love this look. I break it down on my app!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

 

Hiér is nog 12 kere dat die Kardashians almal geflous het met pruike …

Bloedrooi

Met haar verjaardag in Augustus vanjaar het Kylie met ’n bloedrooi pruik gespog.

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Stompgesnyde bob

Kylie het ons behoorlik geflous met dié stompgesnyde bob wat sy vanjaar by die Met Gala gedra het.

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Oranje

By die Amerikaanse musiekfees Coachella het Kylie met ’n hele paar gekleurde pruike geëksperimenteer, soos dié oranje een ...

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Reënboogkleure

... en later dié reënboogkleurige vlegsels.

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Blond

Verlede jaar was Kylie vir ’n paar dae ’n blondine.

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Pastelgroen

Kylie het hiér ’n paar stringe van haar natuurlike hare laat uitsteek om die pastelgroen pruik so eg moontlik te laat lyk.

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Blonde Kim

Ná Kim in 2014 platinumblond uitprobeer het, verskyn sy elke nou en dan weer met dié haarkleur - gelukkig is dat altyd net ’n pruik! Hiér is sy in Augustus vanjaar.

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Platinumblond

Dié foto is in Februarie tydens die New Yorkse Modeweek geneem.

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Platinumblond bokser-vlegsels

Sy het toe ook met platinumblonde vlegsels gepronk.

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Bonkige kuiwe

Kim het verlede jaar tydens ’n fotosessie dié foto van haar en ousus Kourtney gedeel.

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Blonde Kendall

Kendall het verlede jaar haar aanhangers op hol gehad toe sy dié foto gedeel het. Eers later het sy onthul dat dit al die tyd net ’n pruik was.

FOTO Instagram (@kendalljenner)

Lang kuif

Kendall se lang kuif op verlede jaar se VMA-rooitapyt was ’n treffer. Maar dit was net ’n aanknip-kuif.

FOTO Instagram (@kendalljenner)

 

Lees nou

Gebruik jy die regte blosser vir jou gelaat?

Die antieke oorsprong van jou jeans…