Skoonheidstories

Keer ’n ‘boring’ bob met dié 10 wenke

Die bob is een van die skoonheidswêreld se oudste haarstyle. Dink maar net aan die ikoniese vroueheerser Cleopatra se kenmerkende stompgesnyde-bob. Die afgelope twee jaar het dié kort styl weer ’n gunsteling-haarstyl onder bekendes geword… en dit lyk asof dit vir nóg ’n seisoen met ons gaan wees!

Die afgelope toekenning-seisoen het talle bekendes soos Rachel McAdams, Kaley Cuoco en Adele al met ’n bob of lob (lang bob) gepronk. Omdat daar so baie weergawes van dié snit is – die lang bob, kort bob, ’n bob in lae gesny, met of sonder ’n kuif, en selfs een met baie tekstuur – werk dit vir byna enige gesigvorm én ouderdom, volgens Schwarzkopf.

Maar ’n bob kan vinnig vervelig raak.

Om te keer dat jy met jou hande in jou bob gaan sit, het die SARIE-skoonheidspan inspirasie op die rooi tapyt gaan soek.

Prinses Charlotte het nou haar eie lipstiffie-skakering!

1. Laat sny ’n kuif

 Taylor Swift

2. Probeer ’n haarbykomstigheid

Katy Perry

3. Verander jou haarpaadjie

Ellie Goulding met ’n kantpaadjie

Adele met ’n middelpaadjie

4. Dra ’n sjiek ponie

Sophia Bush

5. Dra jou hare agter jou ore

Julianne Hough

‘Vir Altyd’ laat rekords spat … dís hoekom!

6. Stryk dit reguit

Jenna Dewan-Tatum

7. Blaas dit rofweg uit

Eva Green

8. Halwe opstyl

Dakota Johnson

9. Klassieke opstyl

Rachel McAdams

10. Eksperimenteer met krulle

Rachel McAdams met los, deurmekaar krulle

Lady Gaga met ou Hollywood-krulle

Jou WhatsApp het nuwe emoticons!

Nóg bob-haarstyle om jou te inspireer

FOTO: Christopher Campbell / Unsplash

FOTO: Larm Dreaming / Unsplash

FOTO: Bảo-Quân Nguyễn / Unsplash

FOTO: Brooke Cagle / Unsplash

FOTO: Brooke Cagle / Unsplash