Skoonheidstories

Ken jou spa-etiket

Hier in die tweede helfte van die jaar het jy sowaar ’n ruskans nodig. Heerlike lyfbehandelings en ontspanne ure in ’n sauna, jacuzzi en verhitte swembad sal jou weer nuwe krag gee.

Maar as dit jou eerste spa-besoek is en jy nie weet wat om te verwag nie, kan dit ’n skrikkerige ervaring wees. Moenie bekommerd wees nie, ons het raad!

Volg dié wenke vir ’n ontspannende spa-bederf

On top of the world, looking down on creation. Set high in the hills above Knysna, Simola commands an awe-inspiring view of the entire surroundings, taking in rolling hills, valleys and a vast shimmering blue expanse of the Knysna lagoon leading to the famous Heads etched on the horizon… An exhilarating sense of boundless space… Incorporated into the Hotel is the Simola Spa, where guests can indulge in specialised body therapies and beauty treatments. Swim in our curved, glass-enclosed heated pool or work out in the gym whilst gazing out at the view. Our holistic focus is on balancing body, mind and spirit. We understand that by relieving stress, through the use of massage, one is able to focus – leaving you relaxed and energised to enjoy life and all the gifts it has to offer. Hours | Monday – Sunday: 08h00 – 19h00 (Extended hours during high season) Photo @jaynebrink – View from the top #simolaspa

A photo posted by Simola Spa (@simola_spa_gym_) on

Volg dié etiket wanneer jy ’n spa besoek:

1. Respekteer die spa se kalm en ontspannende atmosfeer. Praat sag en sit jou selfoon af (of los dit sommer by die huis!).

2. Vat altyd jou swembroek saam om onder jou spa-kamerjas aan te trek. Die meeste spa’s het onder meer ’n verhitte swembad, sauna of stoomkamer waarin jy voor of ná jou behandeling kan gaan ontspan.

3. Daag altyd so 15 minute tot ’n halfuur voor die begin van jou behandeling op. Dit gee jou genoeg tyd om enige konsultasievorms in te vul en rustig jou swemklere en spa-kamerjas aan te trek.

4. Vir beter higiëne, stort of spoel jou lyf af voordat jy ’n lyfmassering kry.

5. Moenie bang wees om vir jou terapeut te sê wat jou behoeftes is nie. Laat weet hom of haar byvoorbeeld as jy te koud of warm kry of ongemak of pyn voel.  

Wenke vir ’n top-ervaring by die spa:

1. As jy ’n spa vir die eerste keer besoek, vra vir ’n vinnige toer deur die plek. So weet jy waar als is en sal jy gemakliker voel om in die spa rond te beweeg.

2. Gaan sit voor jou behandeling vir ’n paar minute in die sauna of stoomkamer. Dit help jou ontspan en wakker jou lyf se bloedsirkulasie aan.

3. Moenie te veel juwele dra as jy ’n spa gaan besoek nie. Vir die meeste spa-behandelings vra terapeute vir jou om al jou juwele te verwyder, en dan kan jy dit maklik verloor of iewers vergeet.

4. Bring gemaklike klere saam wat jy ná jou spa-besoek kan aantrek. Sommige spa-behandelings kan jou lyf intens bevog en effens olierig laat.

5. Probeer om nie reëlings vir direk ná die spa-besoek te tref nie. Jy wil nie ná ’n ontspannende massering na ’n volgende afspraak jaag nie.

Book into our spa for a relaxing treatment #knysna #kof2016

A photo posted by Simola Country Hotel & Spa (@simola_country_hotel__spa_) on

Bederf jouself en besoek een van dié wen-spa’s:

SA se top-spa’s is onlangs aangewys by die jaarlikse Les Nouvelles Esthetiques Spa-toekenningsaand. Die afgelope paar maande is verskeie spa’s regoor Suid-Afrika besoek ten einde die bestes in ses afdelings te bekroon: dag-spa, hotel-spa, boetiekhotel-spa, unieke spa-konsep, safari-spa en estetiese/mediese spa.

Beste dag-spa: Langaro Wellness Spa in Kaapstad

FOTO: Facebook - Langaro Lifestyle Centre

Beste hotel-spa: Simola Spa & Gym in Knysna

FOTO: Facebook - Simola Hotel Country Club Spa

Beste boetiekhotel-spa: Fordoun Boutique Hotel & Spa in Nottingham Road, KwaZulu-Natal

FOTO: Facebook - Fordoun Hotel and Spa

Beste unieke spa-konsep: Yadah Castle Hammam Turkish Spa & Bath in Pretoria

FOTO: Facebook - Ala Turka Restaurant

Beste safari-spa: Karkloof Safari Spa in Pietermaritzburg

FOTO: Facebook - Karkloof Safari Spa

Beste estetiese/mediese spa: Nanita Dalton Laser, Skin & Body Institute in Centurion

FOTO: Facebook - Nanita Dalton Laser, Skin & Body Institute

Bronne: www.lifedaysparosebank.co.za, www.cntraveler.com, www.spafinder.com

Lees nou

1ste tydskrif-onderhoud: Aimée praat ná 3 jaar

Jou gids vir groen skoonheid – lees meer!