Ken jou veltipe
Foto’s: Bobbi Brown Galery
Volg dié riglyne van die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown om jou veltipe te bepaal en jou vel die regte sorg te gee.
Goeie velsorg is belangrik, maar dikwels volg ons nie die regte roetine vir ons veltipe nie. Gebruik ons gids om jou veltipe te identifiseer en die regte verlsorgroetine vir jou unieke vel te bepaal:
Normaal:
Eienskappe:
- Voel gemaklik
- ’n Gladde, gelyke tekstuur met klein porieë
- Droë wange, maar nie oormatig nie
- Moontlike blinkheid en vergrote porieë op jou voorkop, neus of ken
- Die olie- en waterinhoud van jou vel is gebalanseerd
Velsorg raad:
Dié veltipe behoort twee keer per dag met ’n skuimende reiniger gewas en met ’n ligte vogroom en sonskerm versorg te word. Jy kan gerus twee maal per week jou gesig eksfolieer. Drink genoeg water en sorg dat jy vitamiene A, C en E inkry om jou vel sag, glad en vogtig te hou.
Droog:
Eienskappe:
- Vel voel styf na reiniging
- Lyk droog of vlokkerig
- Voel grof, onegalig en gedehidreer
- Kan sensitief wees
- Porieë is klein en byna onsigbaar
- Fyn lyntjies wys vinniger op dié veltipe
Velsorg raad:
‘n Droë vel het spesiale sorg nodig. Eet kosse met ’n hoë waterinhoud en drink minstens agt glase water per dag om jou vel vogtig te hou. Vermy kafeïene en alkohol wat dehidrasie veroorsaak. Jy kan ook jou vel se natuurlike olies in stand hou met intense reinigers en ’n goeie vogroom te gebruik. ’n Nagroom met alpha hydroxy acids (AHA) sal help om droë, dooie velletjies te verwyder en nuwe selle te bevogtig.
Olierig:
Eienskappe:
- Blinkheid, veral op die voorkop, neus en ken
- Groot, sigbare porieë
- Kry gereeld ‘n uitslag
- Min tekens van veroudering, bv. fyn lyntjies
Velsorg raad:
Om olierige vel te beheer en breakouts te voorkom vereis ’n gesonde dieet en ’n vaste velsorgroetine. Was jou gesig ten minste twee keer per dag om porieë oop te hou en te voorhoed dat vuilhied op jou vel opbou. Gebruik ’n alkohol-vrye verfrisser om van oortollige olie ontslae te raak. Olie-vrye vogrome sal keer dat jou vel nie té droog word nie.
Kombinasie:
Eienskappe:
- Olierig in die T-sone (voorkop, neus en ken)
- Droë wange of ander droë kolle
- Groter porieë op die voorkop, neus en ken
Velsorg raad:
Om vir dié veltipe te sorg verg gereelde reiniging, verfrissing en bevogtiging van die olierige gedeeltes, en die gebruik van ’n sagter reiniger vir die droë dele. Vogrome met AHA is voordelig vir kombinasie vel.
Sensitief:
Eienskappe:
- Kan olierig óf droog wees
- Jou vel is maklik geïrriteer deur skoonheidsmiddels, vogrome en reinigers
- Sensitief en geneig om rooi te lyk
- Jeukerig of vlekkerig
Velsorg raad:
Dié veltipe moet steeds versorg word, en ligte, ongeparfumeerde skoonmaakmiddels is ideaal hiervoor. Gebruik ’n reiniger, alkohol-vrye verfrisser en vogroom wat vir sensitiewe vel geformuleer is.
Vra jouself die volgende vrae om te bepaal watter veltipe jy het:
1. Is die algehele voorkoms van jou vel vlokkerig (droë vel), blink (olierige vel), of glad (normale vel)?
2. Hoe voel jou vel nadat jy dit gewas het? ’n Stywe gevoel op jou voorkop is ’n teken van droë vel.
3. Hoe lyk jou vel gewoonlik teen die middag? Is dit olierig of droog selfs ná bevogtiging?
4. Watter lewensfaktore (stress, hormone, sonblootstelling, dieet) beïnvloed tans die toestand van jou vel?
5. Het jou vel enige merkbare sonskade? Beskerm jy jou vel teen die son?
Faktore wat jou kan mislei:
- Veranderings in jou omgewing, gesondheid, dieet
- Jou huidige keuse van velsorgprodukte en grimering
- Rooiheid, droogheid of vlokkerigheid wat deur ’n mediese kondisie veroorsaak word
- Oortollige gebruik van vogroom kan olierige vel uitdroog of droë vel laat blink
- Allergieë vir velsorgprodukte kan rooiheid en irritasie veroorsaak
Verwante artikels
-
Gratis bylae: Mode en skoonheid se seisoentreffers
SARIE Oktober 2011
Kry jou gratis mode- en skoonheidsbylae saam met jou Oktober-uitgawe van SARIE. Ons verklap al die moet-hê's vir somer!
















Kommentaar
Anastha het gesê:
Hi da ek is in my 30s ek het n verskriklike lelike vel vleke merke en slaan gedurig uit ek het al die duurste produkte probeer niks maar niks werk nie hoop da is raad ek is raadop baie dankie
17de Mei. 2012, 21:15Mia het gesê:
Ansie, vitamin B5 capsuals works realy fast, drink 3 captuals 3 times a day it works amazingly !! get it at a health shop or a pharmacy
5de Jul. 2011, 00:13Petro de jager het gesê:
Ek gebruik elke aand vit e olie op my vel en dan my nagroom, is dit voordelig of nie? Ek is in my 20
30ste Jun. 2011, 09:41Ansie Dreyer het gesê:
Wat kan jy vir n tiener probleem vel voorskryf, bv. baie puisies, dan gaan dit beter en dan versleg dit, het julle raad.
22ste Jun. 2011, 11:06