Kendall Jenner woon die Chopard partytjie tydens die Cannes filmfees by. 

FOTO Gallo Images / Getty Images_Daniele Venturelli

Kendall Jenner woon die Chopard partytjie tydens die Cannes filmfees by. FOTO Gallo Images / Getty Images_Daniele Venturelli

Skoonheidstories

Kendall Jenner wys daar’s niks wat slaap nie kan regmaak nie

Sy’s deel van die Kardashians, maar deesdae ’n model (sommige sê reeds supermodel!) in eie reg. Dié 20-jarige het die wêreld aan haar voete.

Kendall Jenner is ook verlede jaar aangewys as die gesig van die skoonheidshuis Estée Lauder. En nou het die groot modetydskrif Vogue met Estée Lauder saamgespan om twee video’s te maak waarin Estée Lauder Advanced Night Repair geadverteer word.

En ons moet bieg. Daar is aspekte van Kendall Jenner se lewe wat fantasties lyk, soos die partytjies en natuurlik die klere!

Maar laataand-partytjies en jet leg het ook sy nadele, veral op jou vel. En dís waar Advanced Night Repair inkom …

Partytjie-gereed ….

Reg vir jou volgende vlug …

Meer oor Advanced Night Repair

EL promosietag

Dis ’n kragtige, aktiewe serum wat soos “slaap” in ’n bottel is. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II keer dat jy met ’n gedehidreerde vel wakker word.

Die serum is ook ideaal vir die dag, m.a.w. dit vernuwe vel snags, beskerm dit bedags en met gereelde gebruik word elke teken van moegheid en veroudering versag.

Jou vel

Net soos rook en alkohol, laat min slaap jou gouer oud lyk. Van die eerste tekens van ’n gebrek aan slaap is die tekstuur van jou vel, en jou algemene voorkoms en gesondheid gaan agteruit.

Volgens die skoonheidshuis Estée Lauder se Age Measurement-studie behoort ons vel eers in ons vyftigs en sestigs effens te verslap en geringe lyntjies en voutjies te wys. Dít is natuurlike veroudering.

Tog sien ons vandag reeds in ons dertigs en veertigs dié agteruitgang.

Die geheim van jou Clock-gene

Daar is aanvanklik geglo die liggaam se meesterhorlosie, gesetel in die brein, beheer ons lyf se natuurlike ritmes en inisieer die herstelproses. Nou wys navorsing élke sel, ook in die vel, het sy eie “wekker”, oftewel Clock-gene (Circadian Locomotor Output Cycles Kaput).

Clock-gene werk byna soos wekkers wat afgaan sodat die herstelproses kan begin.

Maar wanneer ons vel beskadig raak – deur dinge soos te min slaap, lugbesoeding, die son en slegte eetgewoontes – verloor ons selle se Clock-gene hul ritme. Hulle raak dan letterlik uit tyd met mekaar en met die meesterhorlosie in die brein. Dit vertraag die natuurlike herstelproses en jou vel begin voortydig verouder.

HNGVNZ

In 2009 het Estée Lauder hul baanbrekerproduk Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex bekend gestel wat help om jou vel se Clock-gene weer te sinchroniseer.

Die formule is in 2013 verbeter en heruitgereik as Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II. Vir die eerste keer was daar nou ’n produk wat nie net die vel bevog en beskerm nie, maar op herstel fokus. Vandag word sowat 10 bottels elke minuut wêreldwyd verkoop.

Doen ons slaap-quiz om jou slaap-persoonlikheid uit te vind!

KLIK HIER