Skoonheidstories

Kerry McGregor se skoonheidswenke

Kerry McGreGor model

Kerry glo min maar die regte grimering doen wondere vir jou voorkoms.

“Ek is mal oor lipglans en gebruik tans Dior Addict Lip Polish in Glow

Expert (R370, eksklusief by Edgars). Verder gebruik ek ’n verbronser vir my

gesig. Dit gee jou wangbene dadelik ’n lift en is baie verjongend. “’n Tikkie maskara kan net soveel vir jou voorkoms doen – ek gebruik Max Factor Lift Mascara (R95). Dit het ’n

plastiekborseltjie waaroor ek mal is.”