taylor-swift-vogue-cover-may-2016-03 copy
Skoonheidstories

Kies die regte haarsnit vir jóú

Lente is in die lug en dis tyd vir ’n vars haarstyl. En ons weet dat die bob of lob (lang bob) tans dié styl is. Dit pas by almal, kan op baie maniere gedra word en groei mooi uit.

Maar voor jy jou hare in dié styl laat sny, is daar ’n paar dinge om in gedagte te hou, soos of dit jou natuurlike haartekstuur gaan komplementeer en by jou leefstyl gaan pas. En met die regte snit is minder stilering nodig, wat beteken daar is meer tyd vir ontspanning en kuier dié somer.

Volg dié wenke en kry so die perfekte bob of lob wat by jóú pas:

Jy het … fyn hare met natuurlike golwe

Probeer ’n ken-lengte bob met sagte golwe. Druk jou hare aan die een kant agter jou oor in vir ’n sjiek en sexy voorkoms.

Ster-inspirasie: Jennifer Lawrence

 

Jy het … fyn, reguit hare

Probeer ’n sjiek stompgesnyde bob. Vir ekstra drama kan jy ook ’n mikro-kuif laat sny (vermy liefs ’n mikro-kuif as jy ’n hartvormige of ronde gesigvorm het).

Ster-inspirasie: Taylor Swift

 

Jy het … dik hare met ’n meer reguit tekstuur

Probeer ’n stompgesnyde lob wat rondom jou gesig in sagte lae gesny is. Dis perfek vir wanneer jy korter hare wil uitprobeer, maar steeds jou hare in bv. ’n poniestert wil kan dra.

Ster-inspirasie: Kendall Jenner

 

Jy het … dik hare met ’n natuurlike krul wat soms effens frizz

Probeer ’n versnipperde (shaggy) lob wat in lagies gesny is. Dié styl werk goed saam met jou hare se natuurlike tekstuur. Dit lyk ook mooi met ’n kuif.

Ster-inspirasie: Dakota Johnson

 

En as jy steeds onseker is …

Vra jou haarkapper vir ’n skouerlengte lob met subtiele lagies om tekstuur in jou hare te skep. Vra ook dat dit net ’n tikkie korter aan die agterkant gesny word as aan die voorkant (’n A-lyn-snit). Dis ’n veilige lob-haarsnit en is boonop ekonomies omdat jy dit nie gereeld hoef te laat sny nie en dit mooi uitgroei.

Ster-inspirasie: Lucy Hale

 

Bronne: www.refinery29.com, www.bustle.com, www.thebeautydepartment.com

Lees nou

SA video gaan viral!

Dié naelkleur pas by alle uitrustings