Skoonheidstories

Kies die regte onderlaag vir jou veltipe

’n Goeie onderlaag is een van die belangrikste grimeerkeuses wat jy kan maak. Ons help jou om die regte formule te kies sodat jou vel dié somer natuurlik en foutloos lyk.

Vra jouself af wat jou veltipe en jou spesifieke behoeftes is voordat jy onderlaag koop. ’n Onderlaag met ’n mat-afwerking help om ’n olierige vel in toom te hou, terwyl een met bevogtigende bestanddele ’n droë vel hidreer. Tweedens is die soort bedekking wat jy verlang belangrik vir jou keuse. Ligter formules verbloem net die nodigste. As jy velkwessies soos donker vlekke, merkies en rooiheid wil wegsteek, kies eerder ’n swaarder formule wat jou vel meer bedek.

Hiér help ons jou kies:

Onderlaag InfographicDie onderlaag vir jou ’n Mat formule wat oortollige olierigheid absorbeer sodat jou vel vir ure aaneen vars bly, selfs in warm, vogtige weer. Dié tipe onderlaag se tekstuur is gewoonlik swaarder. Kyk ook uit vir ’n produk wat jy laag op laag kan aanwend vir goeie bedekking wat steeds natuurlik lyk.

Onderlaag Infographic2Die onderlaag vir jou ’n Semi-mat-formule met ’n romerige tekstuur gly maklik aan en is meer deursigtig. Dis belangrik om ’n olievrye, langdurige produk wat nie maklik smeer of afvee nie te kies.

Onderlaag Infographic3Die onderlaag vir jou ’n Hoë definisie-onderlaag. Mikroskopiese ligweerkaatsende deeltjies in die formule sorg dat lig in alle rigtings van jou vel af bons. Dit skep die illusie van ’n egalige en foutlose veltekstuur. HD-onderlae is ook baie bevogtigend om jou vel plomp en stralend te laat lyk.

Onderlaag Infographic4Die onderlaag vir jou ’n BB-room is ’n alles-in-een-produk wat jou vel bedek, teen die son beskerm en sorg vir ’n egalige velkleur. Dit werk veral goed vir ’n droë vel omdat dit ook bevog. Die bedekking is veerlig en die produk gee jou vel glans vir ure.

WENK Wend die onderlaag met jou vingers aan soos wat jy met ’n vogroom sou doen. Die hitte van jou vingers help dat die produk maklik versprei sodat jy nie te veel daarvan gebruik nie.

Onderlaag Infographic5Die onderlaag vir jou ’n Kompak-onderlaagpoeier is ideaal as jy nie van ’n klomp grimeerprodukte in jou badkamerkassie hou nie. Jy kan dit óf as onderlaag gebruik óf bo-oor ’n vloeibare onderlaag aantik om jou grimering langer te laat hou. Die afwerking is fluweelsag sonder om droog te voel.

Probeer dié onderlae:

Mat: L’Oréal Paris Mattifying Infallible Foundation (R190)

Mat: NYX Stay Matte But Not Flat Liquid Foundation (R140). By Clicks

Semi-mat: Max Factor Lasting Performance Long Lasting Make-Up (R196). By Clicks

Semi-mat: Maybelline Dream Velvet Soft-Matte Hydrating Foundation (R140)

HD: Almay Age Essentials Makeup SPF 15 (R269)

HD: Smashbox Studio Skin 15 Hour Wear Hydrating Foundation (R480)

BB-room: Estée Lauder Double Wear All-Day Glow BB Moisture Makeup SPF 30 (R525)

Bevogtigend: Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging Foundation SPF 30 (R650)

Kompak-poeier: Clinique Perfectly Real Compact Makeup (R490)

 

Lees nou

Nutella-hamburger? Ons sê ja!

VIDEO: Ons wys jou hoe om “smokey eyes” te skep