Kies 'n parfuum wat by jou persoonlikheid pas

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Oktober 2009

Parfuum is vir elkeen ’n eiesoortige emosionele belewenis, maar wat is die aantrekkingskrag? Vind ook uit watter parfuumpersoonlikheid jy het.

Daar is niks meer onvergeetliks as geur nie. Geure ontplof sagkens in ons geheue, soos skerp landmyne, weggesteek onder die gras-lae van jare se ervarings,” skryf Diane Ackerman in A Natural History of the Senses.

Trudi Loren, adjunkpresident van parfuumontwikkeling wêreldwyd by Aramis and Designer Fragrances, glo ook parfuum is baie meer as reukwater wat ons aanspuit. “Parfuum speel ’n integrale rol in ons menswees,” sê sy. “Vir duisende jare het beskawings parfuum gebruik in godsdienstige rituele, geneeskunde en persoonlike geur.”

Sy sê die heerlike geure wat ons vandag ken, is te danke aan die Egiptenare, Grieke en Romeine se bydraes tot die skepping van parfuum: “Die oudste parfuumfabriek is onlangs in Siprus ontdek – meer as 400 jaar oud!”

Helen Ahrend, bemarkingsbestuurder by Aramis and Designer Fragrances, verklap meer oor die aantrekkingskrag van parfuum:

Hoekom trek verskillende geure verskillende vroue aan?
’n Parfuum weerspieël jou bui en persoonlikheid. Hoekom het soveel vroue só baie skoene of handsakke? Dit is dieselfde met parfuum . . . ’n vrou het nodig om haarself uit te druk!

Waarom hou soveel vroue van vrugte- en blomgeure?

’n Vrugte- of blomgeur blyk universeel die meeste aanvaarbaar te wees. Dis maklik om te verstaan, te herken en te dra.

Hoekom moet ’n vrou parfuum dra?
Jou sin vir geur is die primitiefste van jou 5 sintuie. Regdeur evolusie was dit die reuksintuig wat gewaarsku het teen gevaar (soos in die geval van ’n vuur). Dis ook hoe diere hul gebied afbaken en die perfekte maat vind. Hoewel geur nie tasbaar is nie, is dit absoluut die kragtigste. Jy kan iemand uit jou verlede onthou net deur ’n bietjie van hul parfuum te ruik – selfs dekades daarna!

Watter nuwe neigings gaan ons in die toekoms sien?
Met geld wat wêreldwyd skaars is, gaan vroue terugkeer na klassieke geure. Hulle sal soek vir meer outentieke geurstrukture in parfuum en gehalte-bestanddele.

Wat doen parfuum vir ’n vrou?
Dis die ultimate bykomstigheid. Geur lig jou gemoed, dit gee jou selfvertroue ’n hupstoot en skep ’n emosionele verbintenis tussen jou en die mense om jou.

PARFUUMPERSOONLIKHEDE

1. LIG EN JONK

“Blomnote vind byval by jonger vroue en is dikwels ’n vrou se eerste parfuumkeuse. So ’n geur is heerlik vir die dag, dis sag, sensueel en vroulik − ideaal as jy hou van strikke en valle,” sê Charlene Weidner, direkteur van Comfort Zone SA.

Probeer: Revlon Pink Happiness Sweet Bliss (R219,95 vir 50 ml EDT), Lanvin Rumeur 2 Rose (R550 vir 30 ml EDP), Hermès Kelly Calèche (R990 vir 50 ml EDP) of Yardley Ballet Fantasize (R149,95 VIR 25 ml Perfume Spray EN R189,95 VIR 50 ml)

Revlon Pink Happiness
Sweet Bliss
Lanvin Rumeur
2 Rose
Hermès Kelly Calèche Yardley Ballet
Fantasize
Revlon Pink Happiness Sweet Bliss Lanvin Rumeur 2 Rose Hermes Kelly Calèche Yardley Ballet Fantasize

2. NATUURLIK EN GESOFISTIKEERD

“Hierdie parfuumkategorie is taamlik nuut en vir die vrou wat hou van aardse geure en onopgesmuktheid,” sê Charlene. “Dit beteken nie sy is nie gesofistikeerd nie; inteendeel. Sy hou van natuurlike stowwe en het ’n goeie neus vir geure.”

Probeer: Miss Dior Chérie L’eau (R695 vir 50 ml EDT), Issey Miyake L’eau D’Issey Eau D’Été Summer Edition (R635 vir 100 ml EDT) en Chanel Cristalle Eau Verte EDT ConcentrÉe (R990 vir 100 ml EDT)

Miss Dior
Chérie L’eau
Issey Miyake Chanel Cristalle
Eau Verte
Miss Dior Chérie L’eau Issey Miyake L’eau D’Issey Chanel Cristalle Eau Verte EDT

3. TYDLOOS EN KLASSIEK

“’n Klassieke geur is vir jou as jy hou van sekerheid en gemaklik voel in iets tydloos soos jeans en ’n wit hemp,” sê Charlene. “Dis vir ’n vrou wat al die opvolge op ’n boek sal lees as sy dol was oor die eerste een. As sy eers haar geur gevind het, bly sy lojaal.”

Probeer: Elizabeth Arden Pretty (R295 vir 30 ml EDP), Estée Lauder White Linen Pink Coral (R495 vir 30 ml EDP) of Flora by Gucci (R675 vir 30 ml EDT)

Elizabeth Arden Pretty Estée Lauder White Linen Flora by Gucci
Elizabeth Arden Pretty Estée Lauder White Linen Pink Coral Flora by Gucci

4. PEINSEND MAAR ONDEUND

“Donker houtgeure is vir ’n vrou wat gereed is om ’n bietjie te waag,” sê Charlene. “Dink rooi lipstiffie, fluweel en vintage-uitrustings. Sy is selfversekerd en het ’n gesofistikeerde sin vir geur.”

Probeer: Diesel Fuel for Life Unlimited (R480 vir 30 ml EDP), Bulgari Jasmin Noir (R550 vir 30 ml EDT) of Jo Malone se nuwe Kohdo Wood-versameling. Dit bestaan uit 2 geure wat jou “ligte” en “donker” kant vier en is geskep om saam gedra te word: Lotus Blossom & Water Lily en Dark Amber & Ginger Lily Cologne (R520 vir 30 ml elk)

Diesel Fuel for Life Unlimited Bulgari Jasmin Noir Jo Malone
Diesel Fuel for Life Unlimited Bulgari Jasmin Noir Jo Malone Lotus Blossom & Water Lily

Het jy geweet?

Daar is meer as 2 000 bestanddele waaruit ’n parfumeur kan kies.

Een geur kan meer as 100 bestanddele bevat. Dit neem gemiddeld sowat 12 tot 18 maande en honderde proeflopies om ’n parfuum se formule te vervolmaak.

Bestanddele vir parfuum word van plante, blomme, bome, speserye en sitrusvrugte ontgin. Dier-produkte word glad nie meer gebruik nie en is vervang met sintetiese molekules.

è

“Headspace”-tegnologie wat in die 1970’s vervolmaak is, maak dit moontlik om enige geur na te maak.

Ons dra parfuum om ’n indruk te skep, ’n bui te weerspieël of om onthou te word.    

 

Verwante artikels

  • 'n Flambojante ontwerpersgeur

    'n Flambojante ontwerpersgeur

    SARIE - April 2009

    Kyk net so 'n bottel! Maar wat anders kon ons verwag van so 'n vrye skeppende gees . . .

  • Aerin Lauder se nuwe geur

    Aerin Lauder se nuwe geur

    SARIE - Desember 2009

    Aerin Lauder, kleindogter van Estée Lauder, het ’n parfuumformule ontdek wat haar ouma onvoltooid gelaat het.

  • Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus

    Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus

    SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1

    Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante

  • Die geur van rose

    Die geur van rose

    Iets spesiaals vir iemand spesiaals ... In die Victoriaanse era het elke kleur roos 'n eie boodskap oorgedra: rooi was 'n simbool van ewigdurende liefde, pienk het gestaan vir elegansie, geel vir omgee en pers vir betowering. Nou kan jy self soos vars...

  • Die geur van Sienna Miller

    Die geur van Sienna Miller

    SARIE - September 2009

    So vars en gemaklik soos sy!

  • Geure vir altyd

    Geure vir altyd

    SARIE - Mei 2008

    Skoonheidshuise put inspirasie uit hul ryke erfenis en vang só ons kleintyd-herinneringe in parfuumbottels vas

  • Jo Malone nou in Kaapstad

    Jo Malone nou in Kaapstad

    SARIE Augustus 2011

    Kapenaars wat al lank leepoog is omdat Jo Malone net in Gauteng beskikbaar is, kan opgewonde raak en uitsien na ’n splinternuwe winkel met dié produkte in die V&A Waterfront.

  • Jul gunsteling-parfuum

    Jul gunsteling-parfuum

    SARIE - November 2009

  • Modebewuste geur

    Modebewuste geur

    SARIE - Junie 2009

    Die sangeres Kylie Minoque vertel dat sy met haar nuutste parfuum, Couture, 'n moderne, gesofistikeerde geur vir vroue met 'n sin vir styl wou skep.

  • Onweerstaanbare geure

    Onweerstaanbare geure

    SARIE - Mei 2009

    Die aktrise Liv Tyler het pas nóg ʼn advertensie vir Givenchy se Very Irrésistible-geur voltooi.

  • Rafael Nadal - die gesig van Lanvin se nuwe mansgeur

    Rafael Nadal - die gesig van Lanvin se nuwe mansgeur

    SARIE - September 2009

    Die Franse modehuis Lanvin het besluit om die geur van tennis in die lug te spuit.

  • Tydlose geure

    Tydlose geure

    “Hoe jy oor jouself dink en voel, het baie te doen met die geur wat jy kies – daarom is ʼn vrou nooit ten volle aangetrek as sy nog nie haar parfuum aan het nie,” sê Charlene Weidner, direkteur van Comfort Zone SA. Eksperimenteer met ʼn uitdagende...

Galery

  • Elizabeth Arden se Pretty
  • Chanel Cristalle Eau Verte EDT
  • Hermes Kelly Calèche
  • Estée Lauder White Linen Pink Coral
  • Flora by Gucci
  • Miss Dior Chérie L’eau
  • Issey Miyake L’eau D’Issey
  • Revlon Pink Happiness Sweet Bliss
  • Lanvin Rumeur 2 Rose
  • Bulgari Jasmin Noir
  • Diesel Fuel for Life Unlimited
  • Yardley Ballet Fantasize
  • Jo Malone Lotus Blossom & Water Lily
  • Elizabeth Arden Pretty

Kommentaar

  • Ek dink julle tydskrif is wonderlik! Dankie vir artikels wat ons altyd op hoogte hou (veral vir ons plattelanders - ons is so bang ons raak agter dat ons eintlik voor is!). Ek stel belang in 'n vraelys oor watter parfuum my persoonlikheid/voorkeure die beste sal pas. Ek dink daar was so jaar of twee gelede so 'n artikel in die tydskrif. Help my asb. Groete Olga

    25ste Feb. 2010, 09:30