Ons kies vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle. Wat dink jy?

Deur Michelle Els, SARIE - Julie 2009

Ons kies vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle. Wat dink jy? Foto’s: www.go4celebrity.com Galery

Ons het besluit om vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle en -kleure te kies met die nuwe SARIE mooimaakprogram.

Dit is net eenvoudig onmoontlik om 'n haarstyl te kry wat nié by Angelina pas nie. Selfs met blou, pienk of grys bly sy steeds beeldskoon.

Probeer die meer as 120 haarstyle (ook dié van jou gunsteling-celeb) op jou foto. Klik vir die SARIE mooimaakprogram.

HOOFFOTO REGS: Een van ons persoonlike gunstelinge: Angelina met Nicole Richie se haarstyl.

Een van die pragtige haarstyle uit die haarstylgalery van SARIE se mooimaakprogram.
Hier het ons Michelle Obama se styl gekies en dit bloedrooi gemaak!
Sharon Stone se styl is silwerdoek-mooi.
Jolie met 'n Scarlett Johansson-styl 

Jolie as Cleopatra

 


Daar was praatjies dat Jolie dalk die rol van Cleopatra, bekende koningin van die Nyl, mag vertolk in 'n biografiese rolprent: Queen of the Nile, Cleopatra: A Life. Volgens usmagazine.comhet Angelina gesê dat dit vir haar 'n eer sal wees om dié ikon te speel.

Kyk hoe lyk Angelina met die Cleopatra-voorkoms wat ons deur die SARIE mooimaakprogram geskep het! 

Jolie se hare, oorspronklik:

 

Wat dink jy werk die beste by Angie? Lewer kommentaar hieronder.

 

Verwante artikels

Galery

  • Angelina met Nicole Richie se haarstyl
  • Nog 'n wenner vir Angie
  • Michelle Obama se styl - net rooi!
  • Sharon se kapsel
  • As Cleopatra
  • Met Scarlett se hare
  • "Ouma" Angie
  • Die oorspronklike Angie

Kommentaar

  • Die beste haarstyl en kleur vir haar bly steeds haar eie oorspronklike hare...sy lyk asemrowend net soos sy is...!!!

    17de Okt. 2011, 16:13
  • Sy lyk definitief die mooiste met haar swart hare!

    1ste Mar. 2011, 08:35
  • Los haar maar net soos sy is. Sy lyk op haar beste soos sy is net bietjie baie maer

    1ste Mar. 2011, 07:52
  • Angelina lyk vir my pragtig in haar eie styl. Ek dink ons is geskape met 'n sekere haarkleur, velkleur en oogkleur wat die Here vir ons in perfekte harmonie laat saamwerk. Ek stem saam ons kan hier en daar die natuur 'n bietjie uithelp, deur bv. mens se hare bietjie meer helder, donker of rooi te maak, maar op die einde van die dag tel dit wat binne is meer as enige skoonheidsgeheim of haarstyl. Ons identiteit is wat ons mooi of "nie so mooi" maak nie.

    27ste Jul. 2010, 07:46
  • Enige een, maar ek hou baie van die Nicole Richie haarstyl en Sharon Stone haarstyl op haar.

    23ste Jul. 2010, 12:34
  • Angelina is een van daai gelukkige vrouens wat goed lyk met enige haarstyl of kleur. Met al die haarstyle hierbo lyk sy vir my goed. Sy is vir my die mooiste van die Hollywood aktrises.

    23ste Jul. 2010, 09:42
  • My "comment" is dat Angelina Jolie baie mooier/sagter lyk in haar donker haarstyl. Die blond en ander kleur haarstyle is te hard vir haar.

    23ste Jul. 2010, 09:36
  • Ek kannie kies nie... Self ouma Angie lyks soos 'n ys fee prinses. Hoe is dit moontlik dat sy goed lyk in elkeen? Ek's seker as sy nikse hare het nie sal sy nogsteeds pragtig lyk. I can but dream...

    23ste Jul. 2010, 09:08

Web Development by FormFunction