FOTO Instagram (@kimkardashian)

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Skoonheidstories

Kim K se goedkoop produk vir mooi vel

Die realiteitster Kim Kardashian het onlangs ’n video op haar app gedeel waarin sy onthul dat sy daagliks vir sowat twee uur in die grimeerstoel sit!

Ja, dit vat ’n span van drie mense soggens twee uur om Kim se kenmerkende foutlose grimeervoorkoms te kry. Dít wil gedoen wees! Ons het moontlik ook die geheim agter haar gladde grimering ontdek …

Kyk hiér na ’n uittreksel van die video wat Kim op haar app gedeel het:

Buiten haar uitspattige grimeerroetine het sy ook op Snapchat verklap dat haar velsorg-arsenaal hoofsaaklik uit luukse La Mer-produkte bestaan.

Daar is egter een ander velsorgproduk wat ons aandag getrek het waarsonder Kim glo nie kan klaarkom nie …

… ’n pakkie afskilferingsgesiglappies!

Kim is mal oor dié gesiglappies en gebruik dit glo daagliks om haar vel liggies mee af te skilfer. Afskilferingslappies bevat onder meer alfahidroksisure (AHA’s) wat dooie selle op jou veloppervlak verwyder, terwyl dit jou vel help om vog te behou. Dit help ook dat grimering egalig en moeiteloos aanwend omdat dit die tekstuur van jou vel verbeter. Die vel is gladder en grimering vertoon meer egalig. Ons is seker dís hoekom Kim se grimering altyd stralend en foutloos lyk.

Hey New York

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Die beste van alles? Dié gesiglappies is baie bekostigbaar!

Hoewel die handelsmerk wat Kim gebruik nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, kan jy dié afskilferingslappies probeer:

Simple Kind to Skin Exfoliating Facial Wipes (R47)

simple exfoliating facial wipes

Sommige reinigingslappies bevat ook salisielsuur, wat ’n uitstekende afskilferaar is as jy ’n probleemvel het. Dit het die vermoë om binne-in jou porieë af te skilfer en help so om swartkoppies in bedwang te hou.

Garnier Pure Active Purifying Cleansing Wipes (R32)

clicks.co.za garnierNeutrogena Visibly Clear Pink Grapefruit Facial Cleansing Wipes (R100)

neutrogenaBronne: www.cosmopolitan.co.uk, www.dailymail.co.uk

Lees nou

Kies só vir hom ’n geur dié Vadersdag

Sanger Seal: ‘SA aksent is sexy!’