Skoonheidstories

Kombineer jou basiese velsorgroetine en ekstras só

Ons almal weet hoe belangrik jou basiese velsorgroetine is, maar deesdae is daar ook ekstras soos CC-rome en serums om jou vel op sy beste te laat lyk. Maar daar is soveel velprodukte op die rak! Ons help jou kies wat reg is vir jóú …

Hou jy van …

Optof en jy het ’n goeie vel

Hoewel jy ’n mooi vel het, dra jy graag grimering en verkies ’n produk wat jou vel goed bedek.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + onderlaag

Screen Shot 2014-05-26 at 4.11.40 PM

Optof, maar is bekommerd oor vlekkies, merkies en lyntjies

Jy hou van ’n produk wat jou vel goed bedek, maar benodig ekstra hulp vir jou velkwale

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + CC-room + onderlaag

Screen Shot 2014-05-26 at 4.11.52 PM

’n Natuurlike voorkoms en jy’t ’n goeie vel

Jy het ’n mooi vel en wil dit net egalig laat vertoon sonder om dit te veel te bedek.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + BB-room

Screen Shot 2014-05-26 at 4.12.06 PM

’n Natuurlike voorkoms, maar vlekkies, merkies en lyntjies pla

Jy het ’n onegalige velkleur weens vlekkies en/of sproete, asook fyn lyntjies en/of vergrote porieë en jy wil dit beter laat vertoon sonder te veel grimering.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + CC-room + BB-room

Screen Shot 2014-05-26 at 4.12.14 PM

*Die artikel is in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE gepubliseer