adele skoonheid
Skoonheidstories

Jy grimeer soos Adele!

Jy’s gemaklik met wie jy is en is nie bang vir ’n treffende grimeervoorkoms nie. Net soos Adele weet jy watter produkte vir jou werk en jou beste eienskappe beklemtoon. Skep só stap-vir-stap Adele se kenmerkende katoog-kykers…

Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin

Adele word al gekenmerk aan haar foutlose katoog-voorkoms. Ons is mal daaroor – dit beklemtoon haar oogvorm en lyk treffend, modern en elegant. Al wat dan nodig is, is ’n paar lae maskara en ’n tikkie sagpienk lipglans.

 

Hoe om Adele se katoog-voorkoms te skep:

Stap 1: Trek ’n lyn teen die bokant van jou wimpers met ’n vloeibare, jel of pen-oogomlyner (dié oogomlyners gly makliker en meer presies aan). Begin in die middel van jou ooglid en beweeg uitwaarts. Trek daarna die lyntjie van die middel na die binnehoek van jou oog.

Stap 2: Laat die lyntjie geleidelik dikker word na die buitehoeke om die vorm van jou oog te beklemtoon.

Stap 3: Trek dan ’n “vlerkie” sowat 45 grade na bo van die buitenste hoek van jou oog. Om seker te maak jy trek ’n soliede, reguit streep, kan jy ’n kolletjie maak waar jou katoog moet eindig. Dit help ook om albei oë dieselfde te laat lyk. Onthou, dit verg maar oefening om dit reg te kry.

Stap 4: As jy jou katoog meer dramaties wil maak, kan jy ’n streep vanaf die buitenste hoek van jou oog se waterlyn tot by die vlerkie trek sodat die twee lyne ontmoet.

 

Wenk

As jy ’n fout gemaak het, is die maklikste om grimeerverwyderaar op ’n oorstokkie te sit en die oogomlyner daarmee uit te vee. Sodra jou oog droog geword het, kan jy weer begin.

 

Adele spog byna altyd met ’n treffende katoog op die rooi tapyt:

 

 

Die ABC van vitamiene vir jou vel

 

Probeer dié produkte:

• L’Oréal Paris Super Liner Superstar Eyeliner in Black (R140)

10835_xlarge• Avon Big & False Lash Volume Mascara in Black (R139.90). Skakel 0860 102 345

Avon-false-mascaraKlik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind soos watter bekende jy graag grimeer

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

Maak só jou eie koekiestempel!