kry die voorkoms sag
Skoonheidstories

Kry die voorkoms: Grimering wat glansryk en vroulik lyk

Rokerige oë en bloedrooi lippe – dié grimeervoorkoms is nou baie gewild, soos die afgelope toekenning-seisoen bewys deur aktrise Emma Stone. Die voorkoms se kenmerke is bloedrooi lipstiffie, ’n donker rokerige voorkoms vir jou oë, en wenkbroue wat sterk en gedefinieerd is. Die inspirasie hiervoor kom uit vorige dekades en bekendes soos Marilyn Monroe en Cindy Crawford is al met dié voorkoms afgeneem.

Kyk hiér na ons skoonheidgunstelinge op vanjaar se rooi tapyt

Emma Stone killing it on the red carpet

A photo posted by SAG Awards (@sagawards) on

Volg dié wenke om jou parfuum langer te laat hou

Volg dié stappe om Emma se voorkoms by vanjaar se SAG-toekennings na te boots.

  1. Wend ’n onderlaag in ’n mat-afwerking aan. Probeer Clarins Ever Matte SPF 15 Oil-Free Skin Balancing Foundation in Sand (R395)
  2. Wend daarna blosser in ’n ligte neutrale kleur aan jou wangbene en skakeer dit opwaarts in die rigting van jou oor. Probeer L’Oréal True Match Le Blush in Candy Cane Pink (R170)
  3. Gebruik ’n oogskadu-palet met swart, donker en neutrale skakerings om ’n rokerige voorkoms vir jou oë te skep – hiér wys ons jou hoe. Probeer Chanel Les 5 Ombres De Chanel Eyeshadow Palette in Oiseaux De Nuit (R805)
  4. Laat jou oë uitstaan met ’n paar lae maskara wat jou wimpers definisie gee. Probeer Revlon Grow Luscious Bold Lacquer Mascara in Blackest Black (R159)
  5. Rond jou voorkoms af deur jou wenkbroue liggies met ’n wenkbroupotlood in te vul om hul sterk te laat vertoon. Probeer Bourjois Sourcil Précision Eyebrow Pencil in Noisette (R100)
  6. Wend nou ’n rooi lipstiffie aan vir intense kleur wat aandag trek. Probeer Givenchy Le Rouge Intense Color Sensuously Matte Lip Color in Carmin Escarpin (R480)
Kry Emma Stone se grimeervoorkoms by die SAG-toekennings met dié produkte

Kry Emma Stone se grimeervoorkoms by die SAG-toekennings met dié produkte

Amalia Uys praat oor haar suster se dood – lees meer