Skoonheidstories

Kry Kendall Jenner se voorkoms

Sy begin ’n trend die oomblik dat sy haar voete by die deur uitsit. Noem haar die koningin van hedendaagse straatstyl; die nuwe popkultuur-model. Kendall Jenner is die It girl van die oomblik.

Kry haar grimeervoorkoms

(Klik op die hartjies op die foto vir meer inligting)

Sy inspireer jong vroue soos supermodelle Claudia Schiffer en Naomi Campbell destyds gedoen het.

– Olivier Rousteing van die Franse modehuis Balmain

Haar modevoorkoms

Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images

Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images

Vogue het onlangs die term Instagirl geskep, en met haar miljoene volgelinge op Instagram en Twitter is die 20-jarige Kendall die Instagirl van die oomblik. Die Somer-modeweek in New York het weer bewys sy is ’n gunsteling vir vele modehuise – op die loopplank en in hul advertensieveldtogte.

kendall jennerSo pas is Esteé Lauder se nuwe parfuum, Modern Muse Le Rouge, bekend gestel: dapper, sterk, sexy. Wie kon ’n beter gesig vir dié nuwe geur gewees het as juis Kendall Jenner! kendallrosergb

Modern Muse Le Rouge

Drama. Aksie. Rooi. Dit gaan als oor houding, sê Estée Lauder se parfumeur, Karyn Khoury, oor die skoonheidshuis se opwindende nuwe parfuum, Modern Muse Le Rouge. Kontrasterende geur- samestellings – een ryk met Bulgaarse roos en framboos; die ander romerig met Madagaskar-vanielje, jasmyn en magnolia – skep ’n vrugtig- blommerige Oosterse geur. “Dis ’n parfuum vir die vrou wat gesien wil word en elke bestanddeel is gekies om dít te weerspieël. Sy’s magneties, ’n inspirasie vir ander, juis omdat sy waag . . .”
Koop hier


Pure Color Envy Sculpting Lipstick

Pure Color Envy Sculpting EyeShadow 5-Color Palette

Little Black Primer