FOTO Instagram / @ninadobrev

FOTO Instagram / @ninadobrev

Skoonheidstories

Bekendes se nuwe hare

’n Nuwe haarstyl is soos om op vakansie te gaan, jy voel goed en lyk soos ’n nuwe mens. Dikwels verklap ’n nuwe haarstyl iets oor jouself.

Jou hare reflekteer die beeld wat jy die wêreld wil instuur én weerspieël baie van wat in ons binnewêreld aangaan, het Dorianne Weil, ’n kliniese sielkundige en bekende radio- en TV-persoonlikheid van Sandton, in ’n 2015-onderhoud aan Lydia van der Merwe van SARIE gesê. Daarom sal baie vroue hul hare in ’n dramatiese korter haarsnit sny tydens ’n nuwe fase in hul lewe, selfs al ontken hulle dit.

’n Nuwe haarstyl kan jou ook onmiddellik laat beter voel oor jouself, oor jy iets in jouself belê, berig Huffington Post.

Die Amerikaanse popster Katy Perry het onlangs haar kenmerkende swart haredos platinumblond gekleur. Dis omtrent ’n verandering! Die rede? Dis glo ’n voorsmaak van ’n nuwe hoofstuk in haar loopbaan, berig The Mirror.

New life who dis

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on

Maar sy is nie ál bekende wat deesdae met nuwe hare spog nie.

Joshua na die Reën-ster én sy vrou

Dié Afrikaanse sanger, wie se regte naam Jacques de Villiers is, en sy vrou, Danél, het albei hul krullerige lokke afgesny. Danél lyk pragtig met haar pixie-haarstyl.

Toe

  So mooi soos net jy kan wees @aardskind   A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Nou

Thanx @burgundycollective vir die kwaliteit produkte. Hierdie guitar strap vat ek van nou af oral saam:)

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

  Almost #zerohair. I finally did it.   A photo posted by Danél Erasmus (@aardskind) on

Blou Bul Jacques Potgieter

Hy was bekend vir sy woeste hare en baard, maar die rugbyspeler, wat onlangs pa geword het, is nou so te sê poenskop.

Toe

Lunch with my family #priceless @angeliquegerber83

A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

Nou

2017 New year New team New look #bullsforwards A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

Hollywood-aktrise Diane Kruger

Ná 10 jaar saam is Diane en die akteur Joshua Jackson se paadjies verlede jaar geskei. Sy het onlangs haar blonde lokke heelwat korter gesny.

Toe

Nou

Orange crushing while waiting for the snow to stop

A photo posted by Diane Kruger (@dianekruger) on

Vampire Diaries se Nina Dobrev

Die Hollywood-aktrise het haar lang haredos vroeër vanjaar heelwat korter laat sny.

Toe 

Nou

Allison Williams van Girls

Die aktrise van die gewilde HBO-reeks het haar natuurlike bruin hare blond gekleur. Girls se sesde (en laaste) seisoen begin op 12 Februarie. Allison vertolk een van die hoofrolle.

Toe

Nou

@allure

A photo posted by Allison Williams (@aw) on

Hollywood-aktrise Olivia Wilde

Die pragtige aktrise wat einde verlede jaar die tweede keer ma geword het, het ook haar haarstyl verander. Nie net het haar lang lokke gewaai nie, maar sy het ook besluit sy wil ’n blondine wees.

Toe

Voting jacket.

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Nou

Lees nou

Hilde op Kenhardt: Vang haar eie skaap & sing ‘Xabara’

Obama hou vakansie saam met Virgin-baas

5 nuusstories vir 8 Februarie 2017