FOTO Twitter  RWitherspoon

FOTO Twitter RWitherspoon

Skoonheidstories

Kyk net watter verskil kan jou haarpaadjie maak …

Haarsny-koors loop hoog, maar ’n dramatiese nuwe haarsnit is nie die enigste manier om jou voorkoms op te kikker nie. Ja, jy kan jou haarstyl in ’n kits nuwe lewe gee deur bloot jou haarpaadjie te verander! En as jy ons nie glo nie, kyk net watter verskil dié bekendes se haarpaadjies aan hul voorkoms maak.

Gelukkig kan die meeste van ons ’n middel- of kantpaadjie dra

Middelpaadjies is nou hoogmode en lyk veral mooi by hare met hope tekstuur, sê Brittny Amorim, haarstileerder by die Scar-haarsalon in Kaapstad. Die ideale middelpaadjie lê egter nie presies in die middel van jou gesig nie, want dit kan ’n onsimmetriese gesig beklemtoon. Skep daarom jou middelpaadjie eerder sowat ’n sentimeter na links of regs. Blaas eers jou hare halfpad droog en gebruik jou vingers om die middel van jou haarlyn effens op te lig en dit dan natuurlik weerskante van jou paadjie te laat val, sê Brittny.

As jy fyn, reguit hare het wat geneig is om maklik plat te lyk, kies ’n kantpaadjie. Dit gee natuurlike volume aan jou hare, sê Brittny. ’n Kantpaadjie kan ook ’n ronde of vierkantige gesigvorm langer laat lyk en jou kakebeen, oë of wenkbroue beklemtoon.

Kyk net die verskil wat dié bekendes se haarpaadjies aan hul voorkoms maak …

Reese Witherspoon

Minki van der Westhuizen

Kim Kardashian

Donnalee Roberts

Olivia Munn

Bykomende bronne: www.refinery29.com, www.byrdie.co.uk

Lees nou

Dís hoekom jy jou hare twee keer moet was

Onthou jy ‘crimped hair’? Dis terug!