leandie

FOTO Marijke Willems

Skoonheidstories

Leandie: 7 gewoontes help my só lyk

Sy’s blond, slim, beeldskoon en besig! Die Suid-Afrikaanse aktrise Leandie du Randt Bosch deel met ons sewe slim gewoontes wat sy oor die jare aangeleer het vir goedvoel en mooi- en gesond-wees.

1. Ek lewe volgens ’n 80/20 reël

Deur die week oefen ek en eet ek gesond en gebalanseerd (m.a.w. 80% van die tyd) en oor naweke bederf ek myself dan met iets lekkers (die ander 20% van die tyd). Ek eet nie sommer poedings nie, maar een keer ’n week klap ek ’n groot boks Smarties weg. Ek’s mal daaroor!

2. Ek het geleer om nooit skuldig te voel oor enigiets wat ek eet nie

Dit klink dalk vreemd, maar ek glo jou liggaam voel dié skuldgevoelens aan en stoor dan die kos as vet. Ek dink as jy die kos wat jy eet geniet, verteer dit makliker en is dit gesonder vir jou liggaam.

Die dag waarop ek nog die mooiste en gesondste gevoel het, was my troudag!

3. Ek gebruik tuisoefeninge en oefening-apps om myself te motiveer om aan te hou aktief wees

Ek hou daarvan om drie keer ’n week Pilates en hoë-intensiteit-intervaloefeninge te doen. Maar soms kan die moeite van ’n gim-uitstappie – soos vroeg opstaan, laat by die huis kom, verkeer, ver ry, slegte weer én nog meer – my vinnig demotiveer. Ek oefen daarom eerder by die huis deur aanlyn-oefeninge of oefening-apps en -boeke te volg. Dit spaar tyd en is warm en gerieflik. My gunsteling-aanlynoefeninge is Blogilates, Hot Yoga en die blogger Kayla Itsines se oefenprogram.

4. Ek het geleer hoe mý liggaam werk

Ná hoërskool het ek baie gewig verloor deur volgens my bloedgroep te eet. Ek het uitgevind my lyf verteer koolhidrate moeiliker. En toe ek begin om bv. minder pizza en brood te eet, of dit heeltemal uit te sny, het ek natuurlik en op ’n gesonde manier begin gewig verloor. Ek het later ook Google gebruik en na aanleiding van my lengte, ouderdom en gewig uitgewerk ongeveer hoeveel koolhidrate ek daagliks kan eet sonder om gewig op te tel. Dis ’n goeie beginpunt.

5. Mooi vel en hare kom rêrig van buite én binne

Ek glo wat jy in jou lyf sit, wys op jou vel en hare. Drink daagliks twee liter water en vermy drankies met baie suiker in!

Dié foto is in 2011 geneem van ’n meer ongesonde en onseker ek. Ek moes toe kies of ek ’n aktrise of  ’n bedryfsielkundige wil word.

FOTO: Skermgreep van www.kyknet.dstv.com

FOTO Skermgreep van www.kyknet.dstv.com

6. Slaap is byna belangriker as ’n gesonde dieet en oefening

Gelukkig kry ek tans baie tyd om te slaap omdat ons baie op die pad is en ek nie hoef te bestuur nie.

7. Ek weet hoe om te ontspan en geïnspireerd te bly

Ek’s mal daaroor om inspirerende selfhelp-boeke te lees. Ek het onlangs die aktrise Kate Hudson se Pretty Happy gelees en is nou besig met aktrise Cameron Diaz se The Longevity Book. En ek sou elke aand saam met my familie en vriende kon “wine and dine”.

  My new read amazing stuff @camerondiaz #inspiration #longevity #LoveYourAge #CelebrateYou   A photo posted by Leandie du Randt Bosch (@leandiedurandt) on

* Leandie toer tans met haar vertoning #NoOneCanBeatYouAtBeingYou. Haar praatjie gaan oor hoe jy jouself nie met ander moet vergelyk nie en hoe jy daardie unieke kwaliteite wat net jý het, kan uitleef. Haar heel laaste vertoning is op 30 September by Emperors Palace in Kempton Park, Johannesburg. Kaartjies is deur Computicket beskikbaar teen R150 per persoon.

Lees nou

Kendall Jenner pronk op Vogue

Ken die verskil tussen natuurlike, organiese en “cruelty free” skoonheidsprodukte