Skoonheidstories

Lus vir ‘n nuwe haarstyl?

Moeg vir dieselfde haarstyl? Klaar gesukkel met futlose hare en dieselfde haarprobleme oor en oor? Vyf gelukkige gebruikers met verskillende haarstyle, -tipes en -behoeftes, sal gekies word vir ‘n gratis hare-mooimaaksessie deur deskundiges. Die mooimaaksessie sal in ‘n artikel gebruik word en die span haarkenners sal die nuutste trends en haarstyle op sarie.com-gebruikers toepas.

Wat ‘n heerlike bederf!

Indien jy belangstel, stuur jou details en ‘n onlangse kop-en-skouers-foto van jouself na kerese@vodamail.co.za vandag nog!

SLUITINGSDATUM: 2 MAART 2011

 

  • Marina Forte

    Ek het baie fyn hare en my hare val baie uit. Ek is vreeslik bekommerd daaroor, maar bloedtoetse het gewys dat daar niks met my skildklier skort nie. Ek dra my hare lank voor enkort agter, maar my dogters wil hê dat ek my haarstyl en kleur moet verander. Ek weet self nie wat my die beste sal pas nie. Hulp van deskundiges op hierdie gebied sal fantasties wees.

  • Rensche

    Ek sal so bly wees en gelukkig wees as ek kan gekies word…. my hare val bo op my kop uit en ek sukkel met die regte styl…..geseënd in dit wat julle doen. Baie dankie dat jul soveel mense se lewens aanraak, met ‘n verandering… dit beteken baie vir die persoon self, en soms kry dit weer daardie huppel in die huwelik….en meer selfvertrou in die persoon self…. jou hare en skoene voel ek is baie belangrik

  • Santi

    Ek sou baie graag wil inskryf vir die kompetisie maar ek is nie bereid om kuif of my hare kort te sny nie. Maar dit kort definitief ‘n change. Sigh.

  • My hare is te lank en kleur het uitgegroei. Ek voel dat dit tyd is vir iets lig en jonk. Ek voel nog jonk en beslis nie my ouderdom nie. HELP! Ek werk elke dag met kliente en voel ek moet altyd goed lyk.

  • Jenny Fourie

    Hoop nie ek’s te laat nie!!!!
    Ek het beslis so ‘n bederfie nodig!!
    As mamma van 3 kry ek glad nie kans om nog by my hare ook uit te kom nie.

  • Marilize Mostert

    Ek het natuurlike krul – glo my as ek sê krulhare en dan is dit nog boonop dik ook. Ek moan elke dag daaroor. Natuurlik is die maklikste gel, maar ek wil ook vroulik lyk met my Liewe Jesus perm

  • Greta

    Ek word 56 op 20ste Maart en maybe, just maybe is dit tyd vir die winde van veranderinge om oor my haredos te waai!!

  • Linda Coertze

    Dit sal vir my ‘n eer wees om gekies te word vir ‘n verandering in my haarstyl en voorkoms. Linda Coertze

  • Ek ht swart kort hare maar vind dit boring want dit sweet gou en lyk nie mooi as dit sweet nie dus dan droog help tog asb ek vind dit nogal boring!

  • Annelie Carstens

    Ek het krullerige hare en weet nie altyd hoe om te maak met dit nie. Hou van soms styl blaas, maar sal graag wil sien wat julle my sal aanbeveel om te doen met my tipe hare. Weet nie hoe om dit te laat knip dat alles nie opkrimp nie.
    Ek hoop om gekies te word, want voel baie lus vir ‘n verandering.

  • Annelie Carstens

    Ek het krullerige hare en weet nie altyd hoe om te maak met dit nie. Hou van soms styl blaas, maar sal graag wil sien wat julle my sal aanbeveel om te doen met my tipe hare. Weet nie hoe om dit te laat knip dat alles nie opkrimp nie.
    Ek hoop om gekies te word, want voel baie lus vir ‘n verandering.

  • Rozanne Anderson

    Hi daar,

    Dankie vir die geleentheid om deel te neem, ek het medium lengte hare wat ek Mahogany kleur hou met rooi shampoo en rooi masker nadat ek die probleem met hare wat bosse uitval onder beheer het. Dit sal wonderlik wees as ‘n deskundige my onder hande kan neem.

  • Suzette

    Wanneer hoor ons wie is die gelukkige wenners!