F2905-Digitorial-700x500
Het jy gehoor?

Luuksheid in ’n bottel

Geur ontlok emosie. Sitrus laat ons lig en vrolik voel; vanielje nostalgies en gekoester. Dít is hoekom parfuum die krag het om jou bui te beïnvloed én ’n bietjie van jou persoonlikheid te verklap.

Ted Lapidus Promosie TAG

Is jy elegant en verleidelik? Onafhanklik en modern? En bowenal lief vir ’n tikkie luuksheid? Dan hoort Ted Lapadis WhiteSoul op jou spieëltafel. Dié sensuele Oosterse blomgeur is ses jaar gelede geskep met ’n stylvolle, waaghalsige vrou in gedagte – ’n geur vir iemand wat nie bang is om haar eie kop te volg nie. Aan die een kant is dit lig en sag met sprankelende note van lemoenbloeisel, pruim en geelnartjie. Ná ’n paar uur op jou vel ruik jy sterker, ryker note soos saffraan en amber.

Die bottel

In die parfuumwêreld is daar ’n terugkeer na eenvoud. Dít word weerspieël in WhiteSoul se treffende verpakking. Die wit bottel met sy kurwes en fyn goue detail simboliseer gehalte en elegansie. Die glansafwerking herinner aan ’n vrou se porseleinvel. Ted Lapidus het ook kragte saamgespan met Swarovski, vervaardiger van luukse kristalle, om die bottel ekstra spesiaal te maak. Elke bottel spog met ’n Swarovski-kristal op die doppie – weelde wat jou hart gaan verower.

Het jy geweet?

Lemoenbloeisel (foto hieronder), wat deel uitmaak van WhiteSoul se hartnote, het ’n ligte, soet geur en dien as ’n hegmiddel in parfuum: Dit help dat die parfuum langer op jou vel hou.

Saffraan, ook deel van die hartnote, is bekend as “rooi goud” omdat dit so duur is. Dit het ’n romerige speserygeur.

*Ted Lapidus WhiteSoul is beskikbaar by Dis-Chem, Edgars, Foschini, Red Square, Truworths en Stuttafords