Skoonheidstories

Só help blosser jou jonger lyk

Die regte blosser hoort in elke vrou se grimeersakkie. Net die paar sekondes wat jy gebruik om ’n bietjie blosser oor jou wange te vee kan jou gelaat opnuut vars en jonk laat lyk. Dié moet-hê-grimeerproduk gee veral lewe en dimensie aan jou gesig nadat jou onderlaag jou vel ’n eenvormige voorkoms gee. Probeer dié wenke …

Adele sing Spice Girls

Blosser vir elke dekade

In jou 20’s

Dis nou die tyd om met helder kleure te speel, sê Alicia Schutte, plaaslike grimeerkunstenaar van Bobbi Brown. Wend dit aan op die appel van jou wange om jou jeugdigheid te beklemtoon.

In jou 30’s en 40’s

Skakeer die blosser onder jou wangbene na bo vir ’n afgeronde voorkoms. Alicia sê baie vroue verkies ’n meer neutrale kleur soos hulle ouer word, maar dit kan jou vaal laat lyk. “Ons almal het ’n spatsel kleur nodig. Jy kan die neutrale kleur bo-op jou wangbeen aanwend en ’n helder kleur net op die appel van jou wang. Skakeer goed vir ’n natuurlike voorkoms.”

Ouer as 50

Ons vel verloor fermheid soos ons ouer word. Gebruik blosser om die illusie van fermer vel te skep. Skakeer oortollige blosser op jou borsel baie liggies reg rondom die onderkant van jou kakebeen. Dit sal jou gesig meer gelig laat lyk. Onthou ook dat jou velkleur verander. Sonvlekke maak bv. jou vel donkerder. Vermy dan ’n bruinerige blosser en gebruik eerder ’n pienk een.

20160608_Skoonheid Blosser infographic90’s nostalgie: Onthou jy dié kuif?

Pas op vir dié blosserfoute:

• Lyk jou blosser maklik streperig of kollerig? Begin met minder blosser en “bou” dit geleidelik op. ’n Blosser-borsel met ’n skuins hoek is ook ’n moet-hê. Doop jou borsel in die blosser en maak seker die langer deel van die borselhare wys na jou neus. Skakeer, skakeer, skakeer totdat daar niks meer kolle of strepe is nie en dit natuurlik lyk.

• Die kleur van jou blosser en lipstiffie moet áltyd bymekaar pas. Hiervoor is roomblosser perfek – tik bloot die roomfomule ook aan jou lippe vir ’n bietjie kleur.

• “Jy speel te veilig. Moenie bang wees vir ’n helder kleur nie,” sê Alicia. “Blosser se doel is om kleur aan jou gesig te gee.”

Grimeerkenners verklap! 5 top-grimeerwenke

Kies uit dié top-blosserprodukte:

Max Factor Creme Puff Blush in Lovely Pink (R120). By Clicks

L’Oréal Paris Blush Sculpt Trio Contouring Blush in Soft Sand (R170)

Bobbi Brown Blush in Desert Pink (R420)

Smashbox L.A.Lights Blendable Lip & Cheek Color in Silver Lake Sunset (R320)

Benefit Benetint Rose-Tinted Lip & Cheek Stain (R385). By uitsoekwinkels van Edgars

 

via GIPHY

Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se Mei 2014-uitgawe verskyn.

Lees nou

Winter-apps vir lui mense!