skoonheid kate middleton
Skoonheidstories

Jy grimeer soos Kate Middleton!

Hoewel jy ’n meer subtiele grimeervoorkoms verkies lyk jy, nes Kate, stylvol en kan jy altyd deur ’n ring getrek word. Mense praat graag oor jou groot hart en vriendelike natuur. Jou staatmaker-voorkoms is sagte rokerige oë en Kate is die perfekte inspirasie! Skep só haar rokerige oë…

Kate se kenmerkende grimeervoorkoms is subtiele rokerige oë met welige wenkbroue en ’n tikkie pienk op haar wange en lippe. Dié voorkoms werk vir haar en laat haar glansryk, dog gemaklik en toeganklik lyk. Dis ook geen geheim dat Kate daarvan hou om sélf haar grimering voor glansgeleenthede aan te wend nie. Sy het selfs op haar troudag haar eie grimering gedoen!

Klassieke items vir ’n Kate Middleton klerekas

Dit hoef jou nie ure te vat om jou rokerige oë te skep nie – al wat nodig is, is ’n veelsydige oogskadu-palet en dié maklike stappe …

Die geheim agter rokerige oë is om jou oogskadu-kleure goed saam te skakeer vir ’n soort ombré-gevoel.

Stap 1: Gebruik ’n oogskadu-palet met drie neutrale kleure in skakerings van lig en donker en wend die medium skakering van die binnehoeke van jou oë tot in die middel van jou ooglid aan met ’n oogskaduborsel.

Stap 2: Skakeer dan die donkerder skakering van die middel van jou ooglid na die buitehoeke van jou oë. Gebruik groterige bewegings met die borsel.

Stap 3: Gebruik die donkerste skakering en wend dit teenaan jou boonste wimperlyn aan. Wend dié skakering ook in die vou van jou ooglid aan en skakeer die kleur baie goed.

Stap 4: Vir ekstra drama, wend ook die donkerste skakering net onder jou oë aan en skakeer dit liggies na die buitenste hoeke.

Stap 5: Tik ’n bietjie van die ligste skakering aan die binnehoeke van jou oë om dit groter te laat lyk. Nou het jy net ’n paar lae maskara nodig.

Dís glo in Kate se grimeersakkie…

Hiér is van Kate se beste oomblikke:

 

 

8 gewoontes wat haarkenners wens jy wil breek…

Wenk

Voller wenkbroue wat natuurlik lyk – dit is dus nie te veel gepluk nie en die vorm het nie ’n oordrewe boog nie – is waarna jy moet streef. As jy reeds vol wenkbroue het kan jy dit net effens inkleur. Vir yler haartjies is daar nou slim produkte soos ’n gekleurde wenkbrou-poeier wat ook volume gee.

Probeer dié produkte:

*Max Factor Smokey Eye Drama Kit 2-in-1 Eyeshadow and Brow Powder (R160). By Clicks

skoonheid max factor smokey eyes palet oogskadu produk*Smashbox Brow Tech Shaping Powder in Brunette (R290)

skoonheid produk smashbox wenkbroue

Klik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind soos watter bekende jy graag grimeer

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

Maak só jou eie koekiestempel!