Meer as net grimering
Foto’s: Chanel/Clarins/verskaf Galery
Vergeet dat dit net mooi maak... deesdae voed, beskerm en vernuwe grimering boonop ook jou vel.
Dit verbloem en maak mooi. Maar nou kan jy veel méér daarvan verwag, want grimering het "intelligent" geword - dit weet wat is goed vir jou vel en vir jóú.
Dit bly langer aan en bied 'n beter buffer teen veroudering en besoedeling terwyl dit bevog . . . en dís maar net die begin. Dié neiging is deel van 'n toenemend holistiese benadering tot skoonheid, glo Leila Marx, opleidingsbestuurder by Estée Lauder SA.
"Ons weet hoe beter ons na ons vel kyk, hoe beter lyk en voel ons," sê sy. "Maar dis nie aldag maklik nie, want besoedeling, rook, UV-blootstelling en 'n tekort aan slaap put ons vel se energie uit en breek verdedigingsmeganismes af. Daaromkan ons eintlik nie anders nie as om op 'slim' grimering staat te maak om ons vel te vernuwe en te beskerm."
'n Goeie begin
Onderlaag of poeieris die een produk wat die meeste van ons daagliks op ons hele gesig gebruik. Dis daarom nie verbasend dat skoonheidshuise hierdie produkte inspan om jou vel iets ekstra te gee nie.
"As jou vel gevoed word met noodsaaklike voedingstowwe gee dit nuwe energie en help dit om jou vel se natuurlike glans terug te sit," verduidelik Leila. VirEstée Lauder was dit daarom ’n natuurlike stap om hul jare se navorsing oor velsorg ook in hul nuwe onderlaag, Nutritious Vita-Mineral Makeup SPF 10 (R345), te verpak.
"Hierdie onderlaag is lief vir jou vel! Dit voed met granaat-ekstrak – een van die voedendste vrugte wat daar is – terwyl vitamiene C en E, yster, kalium en magnesium sorg vir helderheid en glans. Granate is ook ’n goeie antioksidant en help om vry radikale te neutraliseer," sê sy. Maar volgens Leila kan jy selfs nóg meer van jou onderlaag verwag: "Die unieke, mineraalryke formule gebruik natuurlike elemente om dit aan jou vel te heg, wat dit geskik maak vir alle veltipes – selfs sensitiewe velle wat maklik geïrriteerd voel.
"Dit werk soos ’n magneet. Die positiewe magnetiese krag van die minerale heg aan die negatiewe ioniese lading van die vel en veroorsaak dat die formule sagkens, maar doeltreffend op jou vel lê vir ’n gladde afwerking wat lank hou.”
- Leila Marx, opleidingsbestuurder by Estée Lauder SA
Will Malherbe, grimeerkunstenaar by Bobbi Brown, glo ook onderlaag moet goed wees vir jou vel.
"Wanneer jou vel bevog is, lyk dit gesonder. 'n Onderlaag wat bevog, glip ook makliker aan en lyk natuurliker – byna asof die onderlaag en vel een geword het, pleks dat dit net bo-op die vel lê. Nog ’n voordeel van ’n goeie onderlaag is dat dit vog vashou sodat jou vel nie dehidreer nie, sê hy.
Maar nou wonder ons: As jou vogroom teenverouderingsvoordele bied, is dit steeds nodig in jou onderlaag?
"Dis nie noodsaaklik nie," sê Will. "Jy moet jou vogroom en onderlaag sien as ’n span wat
saamwerk. Sorg dat hierdie kombinasie reg is vir jou veltipe en ouderdom sodat jy die meeste
voordele daaruit kan put. Bobbi Brown se vogrome is só ontwerp dat dit maklik aanwend en langer aanbly. Ander handelsmerke het sg. primers, wat jy tussen jou vogroom en onderlaag aanwend. Dit help jou onderlaag op sy beste lyk."
Die skoonheidshuis Clinique se nuutste onderlaag beveg pigmentasie. Die ligte, olievrye Even Better Makeup SPF15 (R265)skep ’n gladde, egalige gelaat, terwyl kragtige antioksidante soos vitamiene C en E en witberkekstrak jou velkleur egalig hou en verdere verkleuring voorkom. Hierdie onderlaag het ook ’n SBF 15 (soos die meeste onderlae vandag) wat help om sonstrale – die hoofsondaar wat pigmentasie betref – af te weer.
Clinique se Almost Powder Makeup SPF 15 is ook binnekort in SA te kry en beloof om byna ál jou velsorgprobleme vinnig op te los. Dit bevat antioksidante,’n SBF en bly lank aan – en alles is in ’n
mineraalformule wat deur dermatoloë getoets is om te verseker dat dit nie jou porieë sal verstop nie.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| Hoe meer jy dit gebruik, hoe mooier word jou vel: Clinique Even Better Makeup SPF 15 Evens and Corrects (R265) help om pigmentasie-vlekke te verminder. |
Hou jou vel heeldag bevog met Bobbi Brown Skin Foundation SPF 15 (R340). Dit beveg ook lyntjies. |
Speel klaar met omgewingsfaktore wat jou vel van natuurlike vog stroop wanneer jy Estée Lauder nutritious Vita- Mineral Makeup SPF 10 (R345) dra. |
Kanebo Sensai Fluid FiniSh SPF 15 (R440) bevog jou vel diép met ’n formule wat uit 55% water bestaan. |
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Tref goeie voorsorg met |
Sonder vog kan jou vel |
Vrugte- en blom- ekstrakte in Almay Pure Blends 97.4% Natural Makeup (R130) word deur jou bloedstroom opgeneem en kalmeer en bevog jou vel. |
Lippediens
Die skoonheidshuis Lancôme het sewe jaar lank navorsing gedoen om hul veeldoelige lipstiffie, L’Absolu Rouge (R315), te vervolmaak.
Dié lipkleur bevat Pro-Xylane,’n molekule wat help om jou lippe se tekstuur te verbeter.
"Heelparty vroue se lippe verloor ná 35 digtheid en volume," sê Telma Gomes, bemarkingsbestuurder van Lancôme. "Hierdie lipstiffie bevorder herstel, beveg lyntjies om die mond en help lippe heeldag lank vogtig bly.”Natuurlike vogvlakke word beheer met ceramide 5, wat selle help om hulself te beskerm.
Chanel se nuwe Rouge Allure Laque-lipglanse (R375) gee jou lippe pragtige kleur én vog. Dit versag ook met jojoba-olie, wat aanwending vergemaklik, én dit bly tot 8 uur aan. Dit spog met ’n sponserige "viltpen"-stokkie, wat aanwending kinderspeletjies maak.
As jy steeds nie oortuig is dat jou lipstiffie nou ’n lipsalf geword het nie, probeer Clarins se Joli Rouge (R210). Dit bevat veselperske-botter wat jou lippe beskerm en voorkom dat lipstiffie "bloei". Vitamien E en soethout (liquorice) versag en beskerm jou lippe. En die formule moedig kollageenproduksie aan om lyne te versag en volheid te gee.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| Beskerm jou lippe met Dior Bronze Collagen Activ SPF 10 (R350). Dit laat hulle ook voller vertoon. |
Vog, ’n romerige tekstuur en lipkleur wat lank aanbly – dis die voordele van Estée Lauder se Signature Hydra Lustre Lipstick in Cranberry (R210). |
Kry ’n "kollageen- |
Jojoba-olie voed jou lippe in Chanel Rouge Allure Laque in Dragon (R375). |
Vir gladder, voller en helderder lippe, probeer Yves Saint Laurent Rouge Volupté Silky Sensual Radiant lipstick SPF 15 (R345). |
Ooglopend mooi
Jou oë trek altyd die aandag. Dis ook een van die eerste plekke waar spanning sigbaar word en kringe, sakkerigheid en lyntjies wys. Probeer Bobbi Brown se Eye Brightener (R290), is Will se raad:
"Dié produk het 'n veerligte tekstuur wat donker kringe onder die oë ligter maak en lig 'wegbons' om dit nóg onopsigteliker te maak."
Oogprodukte bevat deesdae soethout-ekstrak, vitamien C en bamboes om vel rondom die oog te verlig en te vernuwe en velkleur egalig te hou. Wees ook op die uitkyk vir produkte wat sodium hyaluronate bevat. Dit hou vog in jou vel vas, terwyl hops-ekstrak donker kringe beveg en bitterbos-ekstrak se anti-inflammatoriese elemente die vel kalmeer.
La Prairie Light Fantastic Cellular Concealing Brightening Eye Treatment (R550)het ook die kuns van veeldoeligheid aangeleer: Hierdie verbloemer kamoefleer nie net donker kringe nie, maar behandel ook lyne om jou oë én raak van pofferigheid ontslae.
Maskaras dink deesdae vir hulself.
Jy kan verwag om ekstra volume, lengte, krul én 'n skoonheidsbehandeling uit hulle te kry. Sothys se Multi-Dimensional Treatment Mascara (R376) bevat byewas, rys en koringblomwater wat wimpers sagkens bevog en beskerm.
Selfs oogskadu's spog nou met romerige teksture wat ooglede bevog en beskerm. Sothys Two-way Eye Shadow (R151,62) is een helfte room en een helfte poeier, én het 'n antioksidant-ryke formule.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| Die skoonheidshuis Chanel bak die poeiers wat in hul oogskadu gebruik word! Les 4 Ombres Quadra Eye Shadow (R555) het daarom ’n ultra-sagte tekstuur en eenvormige kleur – ’n droom om aan te wend. |
Vir voller, gedefinieerde wimpers met kleur wat hóú, probeer L’Oréal Extra- Volume Collagene Mascara (R129,95). |
Kry volume, lengte, kleur én krul met Maybelline XXl Curl Power Mascara in Brownish Black (R112,95). |
Clarins Jazzy Colours Khol Eye Pencil (R170) word van ultra-verfynde olies gemaak en sal nie die delikate vel om jou oë irriteer nie. |
Die sagte tekstuur van Revlon Beyond Natural Defining EyE Pencil in Brown (R99,95) gly maklik aan. |
Verwante artikels
-
Haar-dilemmas? Hier's raad vir alle haartipes
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 5
Dink klassieke Hollywood vir jou somerhare - 50's-style is weer nuut!
-
Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
SARIE - Desember 2009
"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.





















































Kommentaar
Lindé het gesê:
Ek is dol oor grimering maar dis vreeslik duur om ordentlike goed te koop.
18de Apr. 2011, 15:59