011012srh201r
Skoonheidstories

Mode & skoonheid: 10 top-trends vir somer 2012/13

Flink blink
So blink soos die son en die sterre is dié modetendens, wat werk vir dag én nag. Goud en brons glinster op oë, wange en sleutelbene

Dis blomtyd
Namakwaland is nou ’n see van kleur en die modelandskap ontpop. en ons parfuums praat die taal van blomme op ’n somerdag

Somerparadys
Die beste van eiland en paradys kom byeen in dié eksotiese voorkoms. Meng kleure en style vir jou eie utopia. En onthou, soek sonskadu.

Gatsby-glans
Vleiend en bevrydend met kant, tossels en blink in oorvloed. Gesigte straal van optimisme met produkte wat natuurlik verlig en verhelder.

 

Vurige 40’s
40’s-elegansie met die vroulik-vleiende peplum in die kollig. Sit tangerine tango en blou daarby en jy plant ’n stylvolle uitklophou.

Staan bont
Die reël die seisoen: Hou dit helder. Afrika se patrone en kleur is mode-inspirasie. Lyfsorg baat by die vrugte van sy grond en geure.

Eenvoudig wit
Immer klassiek. Dis die skoon begin waarop jy enige modevoorkoms bou; die vlekkelose vel wat die beginpunt is van skoonheid nou

Roomystyd
Pastelle het grootgeword. Roomyskleure is sjiek, gesofistikeerd en afgerond. Op jou gesig en naels vier dié skakering kleur en romanse

Spring weg!
Die Olimpiese Spele was inspirasie en modes is energiek en vol aksie. Hare gee die pas aan met byderwetse poniesterte.

Nuwe kurwes
Uiteindelik vier die mode weer kurwes. Dis mooi, vroulik, hoogtyd! En die skoonheidswêreld help om na ons bates om te sien

  • Nicolene

    Ek is absoluut mal oor die Gatsby-Glans en Vurige 40’s – dit is ongelukkig onhaalbaar vir my om R1000+ vir ‘n paar skoene te betaal, maar, ek kry baie inspirasie uit die top-trends en kan kyk vir goedkoper alternatiewes wat die ekwivalente fashionista – wow effek kan skep, baie dankie vir die mode en skoonheid bylae Sarie, jy is werklik my styl-inspirasie

  • Sunet Vermaak

    Baie gelu, Sarie met ‘n uitstekende mode uitgawe. Julle is weereens in die kol!!